N$190 miljoen vir tweede visveiling
Die visveiling help met prys ondekking terwyl die ministerie van finansies die geld verwelkom.
Augetto Graig
Die regering se veiling van bykans 16 metrieke ton stokvis op 16 April het bykans N$190 miljoen ingesamel.
In ’n gesamentlike verklaring gister deur die ministeries van visserye en mariene hulpbronne en van finansies sê die woordvoerder van finansies, mnr. Tonateni Shidhudhu, hierdie sukses dui op die waarde van die opveiling van viskwotas, veral om die werklike waarde van die visbron vas te stel.
“Hoewel die eerste veiling nie die uitkoms gelewer het wat ons gesoek het nie, is die resultate wat ons vandag aankondig ’n duidelike voorbeeld van die regering se erns en toewyding tot die ondersteuning van die land se sosioëkonomiese prioriteite, die bevordering van deursigtigheid, en om te verseker Namibië baat uit sy natuurlike hulpbronne,” sê hy.
Die regering se eerste veiling van viskwotas in Oktober laas jaar het net N$8,4 miljoen ingevorder.
Daarna het die regering ’n tegniese komitee saamgestel om toekomstige veilings beter te bestuur. Volgens Shidhudhu was daar 38 bieërs, van wie 26 vir vars vis gebie het en 12 vir gevriesde vis. Ná evaluering het net 23 bieërs goedkeuring verkry.
“Oor die algemeen was die aanvraag sterk,” sê hy oor aanvraag vir altesaam 46 858 ton, waarvan egter net vir 15 020 ton geldige aanbiedinge was.
Die aanvanklike veiling in April het N$156,1 miljoen ingesamel, saamgestel uit N$131,1 miljoen vir 11 164MT vars stokvis, en N$25 miljoen vir 2 000 ton gevriesde stokvis. Die oorblywende 2 784 ton gevrieste stokviskwota is toe aan onsuksesvolle bieërs van die eerste veiling gebied teen N$11745,90 vir vars stokvis en N$123 508.50 vir gevriesde vis. “By die bykomende veiling is 2 784 ton suksesvol toegeken, 1 484 ton vars stokvis en 1 300 ton gevriesde stokvis. Die bykomende veiling het N$33,7 miljoen ingevorder, N$17,4 miljoen vir vars vis, en N$16,3 miljoen vir gevriesde vis,” sê hy. Alle suksesvolle deelnemers het reeds vir hul aankope betaal, voeg hy by. “Het dit is ons gelukkig om aan te kondig dat die stokvis veiling in totaal N$189,9 miljoen ingevorder het, vir die verkoop van 15 948 ton, insluitend N$40 000 vir aansoekfooie,” sê Shidhudhu.
Volgens hom sien albei ministeries die veiling as ’n sukses, “getoon deur die verbeterde prys van die reserweprys vanaf N$6 000 vir vars stokvis en N$8 000 vir gevriesde stokvis, na N$11,745,90 vir vars stokvis, en N$12 508.50 vir gevrieste stokvis. Sou die vis teen die ou reserweprys verkoop was, het die regering net N$102,3 miljoen gekry, vergelyk met die eintlike uitkoms van N$189,9 miljoen. So ’n uitkoms bewys dat veiling ’n goeie meganisme is vir prys ontdekking in die sektor en die toekenning van natuurlike hulpbronne aan die mark,” sê hy.
Die regering beplan om in die toekoms veilings te hou vir stokvis, monnikvis en maasbanker, met advertensies vir die 18 Junie maasbanker veiling reeds in plaaslike media geplaas, sê hy. “Dieselfde veilingsbeginsel sal vir komende veilings vir ander vissoorte ook van toepas wees,” sê hy.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie