N$2 miljard vir spoorlyn, lughawepad
Die Afrika-ontwikkelingsbank het nóg 'n reuselening vir ontwikkeling in Namibië goedgekeur.
Ronelle Rademeyer
Die derde van drie lenings ter waarde van N$4 miljard in totaal vir spesiale projekte en verbeterde infrastruktuur in die land, is Woensdag deur die Afrika-ontwikkelingsbank (AfDB) goedgekeur.
Dié lening ter waarde van N$2 miljard sal aangewend word om 'n snelweg met met twee lane in beide rigtings tussen Windhoek en die Internasionale Lughawe Hosea Kutako te bou. Daarbenewens sal die 50 jaar oue spoorlyn tussen Walvisbaai en Kranzberg (tussen Usakos en Karibib) ook opgradeer word. Dié deel van die noordelike spoorlyn is 210 km lank.
Voorts, sê die AfDB in 'n verklaring, sal uitbreidings ook aan die vraghouerterminaal by die Walvisbaaise hawe gedoen word.
Van die N$2 miljard wat verlede week goedgekeur is, sal N$1 miljard in die landbousektor ingeploeg word, terwyl die ander N$1 miljard vir die verbetering van onderwys en opleiding in Namibië gebruik sal word.
Mnr. Calle Schlettwein, minister van finansies, het vroeër verduidelik die N$4 miljard vorm deel van die N$10 miljard waarvoor Namibië vanjaar by dié bank aansoek gedoen het.
Die ander N$6 miljard waarvoor Namibië hom met die hoed in die hand na die AfDB gewend het, is om die nasionale begrotingstekort in die boekjare 2017-'18- en 2018-'19 te finansier.
Die eerste N$3 miljard het Namibië reeds ontvang, terwyl die aansoek vir 'n verdere N$3 miljard vroeg aanstaande jaar sal dien, sê Schlettwein.
Volgens die AfDB sal die opgradering van die spoorlyn goedereverkeer tussen die hawe en die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) verbeter. Vragtreine sal dan teen 80 km/h kan beweeg en passasierstreine teen 100 km/h.
Die projek sal drie jaar duur. Die lughawepad-projek sal oor 42 maande aangepak word.
Die bestaande lughawepad sal as 'n alternatiewe roete vir plaaslike verkeer behou word, lui die verklaring.
Voorts blyk dit die regering sal ook finansieel tot die projekte bydrae.
Die AfDB sê Namibië besef 'n goeie vervoernetwerk verhoog die land se mededingendheid as logistieke naaf in die internasionale wêreld aangesien dit goeie toegang tot 'n lughawe en hawe bied. Verder het twee van sy buurlande, Zambië en Botswana, nie direkte toegang tot hawens nie.
Dié bank se adjunk-direkteur-generaal vir Suider-Afrika se kantoor vir ontwikkeling en sakedienste, me. Josephine Ngure, sê die projekte is in pas met die Namibiese regering se ontwikkelingsprojekte en steun die AfDB se strategie vir 'n geïntegreerde vasteland.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie