N$2 miljoen vir huise ingesamel
Standard Bank beoog om volgende jaar selfs meer in te samel sodat die armste Namibiërs ook blyplek het.
Augetto Graig
Mnr. Vetumbuavi Mungunda, Standard Bank Namibia se uitvoerende hoof, het verlede Donderdag N$2 miljoen wat die bank deur hul Buy a Brick-veldtog ingesamel het, aan die Federasie vir Plakkershutbewoners (SDFN) oorhandig.
Die oorhandiging is by die Havana-nedersetting in die hoofstad gedoen.
Die geld sal gebruik word om huise in Havana en Okahandja Park in die hoofstad, asook op Oshinene en Berseba te bou.
Teenwoordig by die geleentheid was me. Sophia Shaningwa, minister van stedelike en landelike ontwikkeling, me. Rachel Jacobme, voorsitter van die Khomas-streeksraad, mnr. Muesee Kazapua, burgemeester van Windhoek en mnr. Heinrich Amushila, direkteur van Namibië se behuisingsaksiegroep (NHAG).
Shaningwa het benadruk dat omsigtigheid die wagwoord is wanneer dit by finansies kom.
“Aan die begunstigdes van dié geld wil ek sê dit moet op die doeltreffendste en mees etiese manier gebruik word om doelstellings te bereik.”
Sy is gekant teen die “vermorsing en verhoging van die koste van projekte tot voordeel van enkeles”.
Sy het ook gesê die gewoonte om die regering “vir geld te melk” moet tot 'n einde kom.
Volgens haar moet geld gebruik word om armes van armoede te verlos, en haar boodskap aan dié wat die stelsel wil misbruik, is: “Voertsek, man!”
Die minister het ook ander privaat instansies, gemeenskapsorganisasies en nieregeringsorganisasies aangemoedig om Standard Bank se voorbeeld te volg deur óf die Buy-a-Brick-veldtog te ondersteun óf hul eie soortgelyke projekte te skep.
Volgens Mungunda is Buy-a-Brick in 2015 met die viering van Standard Bank se honderdste jaar in Namibië van stapel gestuur in 'n poging om meer tot die land se ontwikkeling by te dra.
Hy het die SDFN beskryf as 'n organisasie van 'n selfregulerende gemeenskap wat besparing, dissipline en harde werk aanmoedig.
Dié jaar se oorhandiging is 43% meer as die N$1,4 miljoen wat die projek verlede jaar ingesamel het.
Mungunda sê hy wil hê dié getal moet in die vervolg jaarliks minstens verdubbel.
Met die vorige bedrag is 40 huise op Rehoboth gebou.
Volgens Amushila is N$117 000 daarvan al terugbetaal om weer gebruik te word om vir ander SDFN-lede huise te bou.
Me. Frieda Kemuiko het namens die SDFN gesê die organisasie bestaan tans uit 22 300 lede wat aan 700 besparingsgroepe behoort.
Altesaam het hulle al N$25 miljoen gespaar, sê sy.
In die Khomasstreek is 700 lede in 147 groepe wat N$3,7 miljoen vir algemene uitgawes gespaar het en N$4,4 miljoen om grond mee aan te koop.
Die Ituyeni-groep wat nou in Havana huise gaan bou, bestaan uit 12 vroue en 16 mans van wie 13 regstaan om met bouwerk te begin.
Stene en sand is reeds aangekoop en hulle wag net vir die munisipaliteit om krag- en watertoevoer aan te lê en om hul bouplanne goed te keur.
Die groep het boonop 'n kort toneelstukkie opgevoer om mense bewus te maak van hul daaglikse probleme wat swak dienslewering, swak behandeling deur munisipale amptenare en lang wagtye insluit.
Kazapua het opdrag gegee dat die nodige dienste en goedkeuring vir die bouery vinnig moet plaasvind.
“Sake sal nie net soos gewoonlik verloop nie,” het hy gesê.
Ten spyte daarvan dat mense daagliks na die hoofstad trek en groot druk op die stad se dienslewering plaas, sê die burgemeester toegang tot bekostigbare dienste, behuising en grond is “ons verantwoordelikheid”.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie