N$20 000 beloof vir beste veldwagters
N$20 000 beloof vir beste veldwagters

N$20 000 beloof vir beste veldwagters

Francoise Steynberg
Francoise Steynberg

Die Namibiese Professionele Jagtersvereniging (Napha) gaan ’n prys van N$20 000 aan die beste en mees aktiewe veldwagtersgroep in kommunale bewaringsgebiede skenk.
Dié aankondiging verlede week is deur die uitvoerende hoof van Napha, me. Tanja Dahl, tydens die voorsittersforum van die kommunale bewaringsgebiede in die hoofstad gemaak. Dahl het gesê N$20 000 is deur Hunters United Against Poaching (HUAP) in­gesamel en sal tydens Napha se jaarvergadering einde November oorhandig word. Sy het ook ’n beroep op lede van bewaringsgebiede gedoen om by Napha aan te sluit.
Voorts het lede hul resolusies bekend gemaak; onder meer om etiese jagpraktyke te handhaaf en gesamentlike pogings aan te wend om wildverwante misdaad te voorkom en te beheer. Hulle onderneem om eienaarskap van die konsep van jagbewaring te neem en bewustheid in hul gemeenskappe oor die belangrikheid van volhoubare gebruik van wild te verskerp.
Lede het ’n beroep op die ministerie van die omgewing en toerisme­ gedoen om verteenwoordigers na die Konvensie oor Internasionale­ Handel in Bedreigde Spesies (Cites) en soortgelyke internasio­nale forums te stuur.
Streekverenigings moet versterk word en ’n nasionale forum moet geskep word wat sal toelaat dat alle bewaringsgebiede “uit een mond praat”. Die ministerie word ook versoek om forums te skep om die rol van tradisionele owerhede, bewaringsgebiede en kommunale grondrade in die bestuur van bewaringsgebiede te verduidelik. Nóg ’n versoek aan die ministerie is om wild na bewaringsgebiede waar daar ’n behoefte is, te ver­skuif, water in gebiede waar wild voorkom, te voorsien en die uitreik van jagpermitte en die prosedures daarvan, te bespoedig.
Die lede erken dat sekere wildspesies­ deur bewaringsgebiede gedeel moet word en dat maniere gevind moet word om die voordele­ tussen die bewarings­gebiede te deel. Hulle onderneem om hul planne vir wildbestuur en-gebruik en sonering te finaliseer.
“Ons het ook sterker wetlike ondersteuning in terme van kon­trakte en ander wetlike kwessies nodig,” versoek die voorsitters.
Toerismekonsessies moet bespoedig word, met die fokus op veral bewaringsgebiede wat arm aan hulpbronne is en die ministerie word versoek om aan dié bewaringsgebiede hulp te verleen tydens jag vir eie gebruik.
Lede is verder verheug oor die inisiatief van die ministerie om die toekenningstelsel te implementeer: “Dit dien as ’n uitdaging om hard te werk en jaarlikse data te voorsien waaraan die prestasies van ons bewaringsgebiede gemeet kan word.”

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!