N$210 miljoen se BTW-saak sloer
Twee assessore sal na verwagting ’n hoërhofregter bystaan tydens ’n ingewikkelde verhoor oor beweerde belastingbedrog.
Die saak, waarin 16 mense teregstaan op meer as 500 klagte weens beweerde belastingbedrog, is tot later vandeesmaand uitgestel.
Nagenoeg N$210 miljoen is glo onregmatig deur dié mense toegeëien.
Die beskuldigdes het die afgelope week voor regter Boas Usiku in die Windhoekse hoërhof verskyn.
Usiku het die saak Woensdag tot 22 November uitgestel om die ministerie van justisie se direktoraat regshulp in staat te stel om regsverteenwoordigers toe te ken aan dié beskuldigdes wat nog nie prokureurs het nie.
Kragtens ’n ooreenkoms tussen die staat en die verdediging wat in September vanjaar bereik is, gaan waarnemende regter Kobus Miller op die bank wees tydens die beskuldigdes se uiteindelike verhoor in dié hof.
Vanweë die ingewikkelde aard van die bewerings van beweerde bedrog, wat met belasting op toegevoegde waarde (BTW) verband hou, sal twee assessore aangewys word om Miller tydens die verhoor by te staan.
Die beskuldigdes sluit twee Namibiërs, mnre. Mamsy Nuuyoma en Noah Naukosho, en 14 Angolese burgers in.
Die Teenkorrupsiekommissie (ACC) het hulle in Desember 2015 aangekeer ná die beweerde bedrog van multimiljoene op die lappe gekom het.
Hulle het die regering glo oor ’n aantal jare, deur die ministerie van finansies, ingeloop.
Hul inhegtenisneming het gevolg ná ’n uitgebreide ondersoek deur die ACC tussen Januarie 2014 en Desember 2015 op versoek van dié ministerie.
BTW-kwitansies is glo vervals om terugbetalings van die ontvanger van inkomste te eis.
Die beskuldigdes staan tereg op 512 klagte van bedrog, sameswering om bedrog te pleeg, vervalsing en uitgifte, een klag van die korrupte gebruik van ’n onegte dokument en een van die verskaffing van sodanige dokument aan agente van Aveshe Consultancy.
Dié maatskappy bestuur BTW-terugbetalings namens die ministerie.
Agt van die beskuldigdes is uit op borgtog, terwyl die res in aanhouding is by die Windhoekse sentrale gevangenis se afdeling vir verhoorafwagtendes. – Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie