N$2,5m-bedrogklag: ACC slaan toe
N$2,5m-bedrogklag: ACC slaan toe

N$2,5m-bedrogklag: ACC slaan toe

Denver Kisting
Denver Kisting – Drie mans is agter tralies weens die vermeende onregmatige verkoop van ‘n huis in Windhoek ten bedrae van N$2,5 miljoen.
Volgens die direkteur van die Teenkorrupsiekommissie (ACC), mnr. Paulus Noa, sal die mans môre (Woensdag) in die landdroshof in die hoofstad verskyn.
Twee van die mans, van wie een ‘n regsgeleerde, is vandag aangekeer terwyl die derde een na wat verneem word reeds gisteraand in hegtenis geneem is.
Republikein het voorverlede week berig mnr. August Maletzky, ‘n plaaslike lekelitigant, ontken hy het ‘n bejaarde Angolese egpaar se drieslaapkamerhuis sonder toestemming verkwansel.
Maletzky het toe gesê hy het volmag gehad om die eiendom, wat in Windhoek-Wes geleë is, van die hand te sit.
Dié dokument, wat oënskynlik deur ‘n Windhoekse prokureur, mnr. Titus Mbaeva, opgestel is, is volgens die egpaar vervals.
Mbaeva het voorverlede week by navraag aangedui hy mag nie sonder magtiging van sy kliënte op die bewerings reageer nie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!