N$300 000 uit voertuig gesteel
Verdagtes het Donderdag tussen 16:20 en 18:00 by 'n voertuig in Sam Nujomarylaan op Walvisbaai ingebreek en N$300 000 se kontant gesteel.
Volgens die polisie se misdaadverslag het die slagoffer die geld getrek om sy werknemers te betaal. Hy het die voertuig geparkeer en sy hare gaan sny.
Na bewering het die verdagtes 'n afstandbeheertoestel gebruik toe die slagoffer die voertuig gesluit het.
Dit het tot gevolg gehad dat die deure glo nie gesluit het nie en die verdagtes maklik toegang tot die voertuig en die geld gekry het. Niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie.
• Vyf verdagtes het glo Vrydag om 08:15 'n Chinese burger oorrompel toe hy sy hek oopgesluit het. Hulle het hom na die huis gevat en vir hom, sy vrou en bejaarde ma met kabels vasgebind.
Die verdagtes het hom na bewering geslaan terwyl hulle geld geëis het. Hulle het N$30 000 – wat vir salarisse bedoel was – gebuit. Die slagoffer kon homself intussen bevry en hy het sy wapen gegryp. 'n Skietery het tussen hom en die verdagtes ontstaan waartydens een van die verdagtes asook die slagoffer se vrou in die maag geskiet is.
Die verdagtes het met 'n skootrekenaar en twee vuurwapens op die vlug geslaan. Die vrou se trouring is in die broeksak van die beseerde verdagte gevind. Altesaam N$27 300 se kontant is ook teruggekry. Die 27-jarige verdagte is onder polisiebewaking in die Katutura-staatshospitaal opgeneem. Die polisieondersoek duur voort.
• 'n Inbreker het Vrydag om 04:40 in die Tutaleni-nedersetting op Walvisbaai 'n man met 'n mes doodgesteek. Die verdagte het glo by die huis waar die slagoffer geslaap het, ingebreek en 'n selfoon gesteel wat besig was om te herlaai. Die slagoffer het wakker geskrik en die verdagte het hom in die maag gesteek en op die vlug geslaan.
Die slagoffer se broer het hom in 'n poel bloed gevind en hom hospitaal toe geneem waar hy dood is. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.
ROWERS 'IN POLISIEBAADJIES'
Vrydag om 09:50 is 'n 38-jarige vrou op die hoofpad tussen Rehoboth en Windhoek beroof. Die vrou het 'n geel verkeerskegel en twee mans met weerkaatspolisiebaadjies aan in die pad gesien en gestop.
'n Wit voertuig het aangery gekom en die twee mans het haar sak gegryp, in die voertuig gespring en op die vlug geslaan.
Hulle het 'n skootrekenaar, N$6 500 kontant van die slagoffer en N$7 486 kontant van die kleinkas gesteel. Niemand is in hegtenis geneem nie.
• Mnr. Hendrik Vaendanawa is Saterdag omstreeks 11:30 in Okuryangava doodgesteek nadat hy en ses ander verdagtes glo 'n man probeer beroof het.
Die verdagte het 'n porsie slaptjips gaan koop en was op pad terug huis toe, toe sewe jong mans hom genader en omsingel het. Die verdagte het glo gesmeek dat hulle hom nie moet seermaak nie en gesê hy sal vir hulle gee wat hulle soek.
Vaendanawa het na bewering 'n mes uitgeruk. Die verdagte het ook 'n mes gehad en het hom in die bors gesteek. Hy is op die toneel dood. Die verdagte is aan die polisie bekend, maar is nog nie in hegtenis geneem nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie