N$300 miljoen van Groen Klimaatfonds
N$300 miljoen van Groen Klimaatfonds

N$300 miljoen van Groen Klimaatfonds

Namibië is een van drie Afrikalande wat finansiering vir klimaatbeleggingsprojekte van dié fonds ontvang.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - Die Omgewingsbeleggingsfonds (EIF) het finansiering van N$300 miljoen vir twee klimaatbeleggingsprojekte van die Groen Klimaatfonds ontvang.

Dié volgende aankondiging is deur die minister van die omgewing en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta gemaak: "Tydens die 14de raadsvergadering van die Groen Klimaatfonds in Suid-Korea vanaf 12 tot 14 Oktober is twee klimaatbeleggingsprojekte in die gebiede van bewaringslandbou en Gemeenskapsgegronde Natuurlike Hulpbronbestuur (CBNRM) goedgekeur."

Shifeta het in Julie 2015 die akkreditasie van die EIF as die nasionale implementeringsinstansie by die Groen Klimaatfonds aangekondig.

Volgens hom sal die bewaringslandbouprojek van N$150 miljoen in die streke van Zambezi, Kavango-Oos en Kavango-Wes as deel van voedselsekuriteit geïmplementeer word.

"Dit het ten doel om om voedselonsekerheid en weerloosheid tot klimaatrisiko''s vir weerlose kleinskaalse boerderygemeenskappe te verminder wat deur klimaatverandering bedreig word," het Shifeta.

Hy sê die projek sal direk en indirek 16 000 boere bevoordeel en die ministerie van landbou, water en bosbou sal dit uitvoer.

Die ander projek van N$150 000 ten bate van CBNRM sal verseker dat plaaslike gemeenskappe, veral in kommunale bewaringsgebiede, die lewensbestaan en ekostelsels teen klimaatrisiko''s, soos onder meer droogtes en ander klimaatrampe beskerm. Volgens Shifeta sal meer as 62 000 mense hierby baat. Albei projekte sal vyf jaar duur en op 1 Februarie 2017 begin.

Shifeta het die EIF en sy uitvoerende hoof, mnr. Benedict Libanda, vir hul harde werk bedank, veral in die lig van net drie lande uit Afrika wat tot dusver finansiering van die Groen Klimaatfonds ontvang het.

"Die ooreenkoms tussen die Namibiese regering en die Groen Klimaatfonds is in September tydens die Verenigde Nasies se Nasionale Vergadering in New York deur die adjunkpremier en minister van buitelandse betrekkinge en samewerking, me. Netumbo Nandi-Ndaitwah, onderteken wat finansiering deur die Groen Klimaatfonds bespoedig het," het Shifeta gesê.

"Voorts is die bekragtiging van die Parysverdrag van die Klimaatberaad verlede maand in die parlement belangrik, want dit bied beleggingsgeleenthede met die oog op klimaatverandering. Die EIF gaan nog twee projekte van N$450 miljoen by die volgende twee raadsvergaderings van die Groen Klimaatfonds ter tafel lê."

Shifeta sê die EIF streef daarna om ''n selfvolhoubare instelling te word wat die kapasiteit het om meer as N$1 miljard in ontwikkelingsfinansiering vir klimaataksies te bekom.

"In die volgende paar weke sal ons nog ''n multi-miljoen dollar ontwikkelingfinansieringsprojek van die EIF aankondig wat groter is. Hou die ruimte dop!"

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!