N$415 miljoen vir SOE-plan
Jooste vra insette
Augetto Graig - Die eienaarskap van staatsondernemings word hersien om te onderskei tussen dié wat geld maak en daardie ondernemings in staatsbesit wat noodsaaklike dienste lewer en nie noodwendig wins kan toon nie. Van die ondernemings sal direk onder die nuwe ministerie val, terwyl ander aan hul lynministeries verantwoording sal doen.
Die ministerie van staatsondernemings het Vrydag by die Safari-konferensiesentrum in Windhoek verteenwoordigers van die meeste van die 97 openbare ondernemingsoor hul strategiese plan vir die volgende vier jaar tot in 2020-’21 geraadpleeg. Die minister van staatsondernemings, mnr. Leon Jooste, het die geleentheid amptelik geopen waarna sy adjunk, mnr. Engel Nawatiseb oorgeneem het om die konsulterende gesprek te lei. Aan die hooftafel was ook die direkteur vir prestasiebestuur in die kantoor van die eerste minister, me. Louise Shixwameni en dr. Rudi Koekemoer, die slypskoolfasiliteerder asook die ministerie se permanente sekretaris, mnr. Frans Tsheehama.
Die strategiese plan stel voor dat die ministerie goeie korporatiewe bestuur verbeter, openbare ondernemings bemagtig, leierskap en kultuur omvorm, 'n bevoegde werksmag verseker en genoeg geld vir die land se staatsondernemings beskikbaar stel.
Om dié mikpunte en strategiese maatreëls te behaal, sal die ministerie 16 strategiese programme en 22 strategiese inisiatiewe aanpak wat na verwagting net meer as N$415 miljoen sal kos.
Volgens Jooste is een van die groot probleme dat staatsondernemings te veel hoofde het, wat kan lei tot 'n konflik van belange. Die nuwe, gesentraliseerede bestuursmodel is reeds deur kabinetskomitees goedgekeur en moet nou net geïmplementeer word, het die minister gesê. Dit behels ook die verskuiwing van bykomende begrotingsgeld na die ministerie van finansies.
Jooste sê betekenisvolle vordering is reeds gemaak deurdat die Wet op die Bestuur van Staatsbeheerde Ondernemings, Wet 2 van 2006, al gewysig is met die promulgering van die Wet op Openbare Ondernemings, Wet 8 van 2015, om die magte van die ou bestuursrade na die ministerie oor te dra.
Jooste se ministerie het ook al verskeie voorskrifte en riglyne aan staatsondernemings voorsien om beter bestuur te verseker. Daar is ook nou ? databasis met die besonderhede van geskikte mense wat op die direksies van hierdie ondernemings aangestel kan word. Nou gaan die ministerie ? advieseenheid vir korporatiewe bestuur stig om te help om raamwerke te ontwikkel. Die eenheid sal navorsing doen en beste praktyke van oral ter wêreld gebruik om die ondernemings te ontwikkel.
Jooste het die afgevaardigdes gevra om te verseker die strategiese plan groei van ? konsep tot in ? lewende dokument wat deur alle belanghebbendes goedgekeur is. “Kollegas, ons is saam in die ding,” het hy gesê.
Daar sal meer geleenthede wees vir terugvoering, het Jooste gesê, asook ? jaarlikse byeenkomste waar staatsondernemings die ministerie sal "moet help om dit reg te kry". "Ons is op onbekende terrein in die land,” het hy gesê.
Eerstens moet die ministerie verseker dat die staatsondernemings goed bestuur word, internasionaal mededingend is en dat die handelsondernemings dividende aan die regering betaal.
Dít, maan hy, moet egter versigtig gedoen word, want "as hulle te hard gedruk word en te groot winste jaag, mag die verbruikers die slagoffers daarvan wees".

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie