N$578 miljoen maak nie duik in Air Nam-skuld
Dit sal nagenoeg N$4 miljoen kos om Air Namibia weer solvent te kry.
Ronelle Rademeyer en
Catherine Sasman
Die N$578 miljoen waarvoor die regering in waarborge pa gestaan het sodat Air Namibia by handelsbanke dié geld kon leen om in Europa die wolf van die deur te hou, los lank nie die nasionale redery se geldsorge op nie.
Air Namibia het verlede week in 'n verklaring aangekondig dat hy in die lig van die vroeëre hofgeding met Challenge Air in Europa en die kostebevel van N$400 miljoen teen hom, “'n vriendelike oplossing bereik en 'n skikkingsooreenkoms aangegaan het”.
Volgens die nasionale lugredery behels die skikkingsooreenkoms die opskorting van alle beslagleggingsbevele op die bates van Air Namibia ingevolge 'n Duitse hofbevel. Dit beteken die nasionale redery kan weer normaalweg op sy Frankfurt-roete sake doen.
Volgens mnr. Leon Jooste, minister van staatsondernemings (SOE's), beloop Air Namibia se totale skuldlas nagenoeg N$4 miljard en dra die N$578 miljoen weinig tot sy solvensie by.
“Ek kan die waarborg van N$578 miljoen aan Air Namibia bevestig. Dit is bloot om Air Namibia aan die gang te hou tot tyd en wyl ons (ministerie) deur die kabinetskomitee op die tesourie (CCT) weer die kabinet kan nader om 'n finale besluit oor die redery se toekoms te neem.”
Jooste en sy span wag reeds sowat drie maande om hul plan met “genoegsame inligting vir 'n ingeligte besluit” aan die kabinet voor te lê.
Een van die groot skuldkomponente in die totale skuldlas is die huurkontrak met Castlelake Aviation vir vyf van die Airbus-vliegtuie in die nasionale vloot.
Air Namibia is tans in jaar ses van 'n 12 jaar-kontrak met dié vliegtuigverhuring- en finansieringsmaatskappy vir die verhuring van die twee Airbus A330-200's wat op die Frankfurt-roete vlieg.
Jooste sê dit kos die nasionale redery maandeliks US$1,1 miljoen per vliegtuig – dus N$33,66 miljoen vir die twee saam. “Die totale verliese op die Frankfurt-roete is egter heelwat hoër.”
Hy was vroeër vanjaar in Minneapolis in die VSA om met Castlelake Aviation hieroor te onderhandel.
“Ons moet uit hierdie ooreenkomste op die mees elegante manier moontik kom, maar die kontrak is van so 'n aard dat die opsies uiters beperk is.
“Een moontlikheid is vir ons om die vliegtuie te koop en dan weer dadelik te verkoop om sodoende die finansiële impak te beperk,” het Jooste aan Republikein gesê.
CHALLENGE AIR
Dit skikkingsooreenkoms met Challenge Air in België bring 'n einde aan die 14 jaar lange dispuut tussen die twee rederye.
Air Namibia het in 2005 betrokke geraak in 'n geskil met Air Namibia oor die verhuring en instandhouding van 'n Boeing 767-33 AER-vliegtuig.
Challenge Air het in 2008 'n Duitse hofbevel in sy guns gekry, wat gelas het dat Air Namibia US$ 6,5 miljoen moet opdok vir onbetaalde onderhoud, huur en versekering van die vliegtuig.
Air Namibia is ook in Julie 2011 beveel om aan Challenge Air US$13 miljoen te betaal vir die rente op die agterstallige onderhoud, huur en versekering.
- [email protected]/
catherine@republikein.com.na

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie