N$72,5 miljoen vir gemeenskapsbewaring
Vyf miljoen euro is deur die Duitse regering gefinansier, en Namibië het ook bydraes tot die projek gelewer.
’n Bydrae van sowat N$72,5 miljoen (vyf miljoen euro) is beskikbaar gemaak om mens-dier-konflik in kommunale bewaringsgebiede te pak.
Só het die minister van die omgewing en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, Donderdag tydens die bekendstelling van die Community Conservation Fund of Namibia (CCFN) se mens-dier-konflikprogram in die hoofstad gesê.
Die vyf miljoen euro is deur die Duitse regering deur middel van die KfW Development Bank gefinansier, met Namibië se regering wat ook bygedra het.
“Die ministerie van die omgewing en toerisme sal verseker dat die projek ’n sukses is. ’n Goed gebalanseerde ekostelsel en landelike ontwikkeling is tot voordeel van alle Namibiërs,” het Shifeta gesê.
“Deur die CCFN is ’n platform verskaf waar Namibiërs hulpbronne byeen bring, tot hul eie saak bydra en in die nageslagte se toekoms belê.
“Ons moet voortgaan om op die storie van ware bewaring deur die mense, vir die mense en van die mense te bou.”
Die Duitse ambassadeur in Namibië, mnr. Herbert Beck, het gesê Namibië is een van die leidende lande in Afrika wanneer dit kom by die bestuur van natuurlike hulpbronne tot Namibiërs se voordeel.
“Kommunale bewaringsgebiede het in 2018 ’n inkomste van N$147 miljoen uit gemeenskapsbewaring ontvang,” het hy gesê.
Die Duitse ambassadeur het die uitdagings van verdere ondersteuning aan die CCFN erken en gesê “dit is duidelik meer fondse is nodig om die langtermynvolhoubaarheid van die fonds en sy programme te waarborg”.
Na verwagting sal die mens-dier-konflikprojek vier jaar duur.
Dit is gemik op gemeenskappe van geregistreerde kommunale bewaringsgebiede, hoofsaaklik in sentrale, westelike, oostelike en noordelike Namibië, asook die Kyaramacan-vereniging en hul lede, wat hoofsaaklik deur mens-dier-konflik geraak word.
Mens-dier-konflik word meestal deur leeus, olifante, hiënas, wildehonde en krokodille veroorsaak.
“Die totale aantal bewaringsgebiede sal op die ou end tussen die volgende drie tot vier jaar op tussen 90 en 100 staan. Meer en meer bewaringsgebiede bereik nou vlakke van finansiële volhoubaarheid met hul wildbevolkings wat herstel en venootskappe wat floreer.”
Die stigting van die CCFN is gemik daarop dat Gemeenskapsgebaseerde Natuurlike Hulpbronnebestuur (CBNRM) minder afhanklik van buitelandse skenkers is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie