N$800 miljoen, 7 jaar later trek ministerie in
Die Namibiese polisie sal dokumente by die nuwe gebou sertifiseer.
Augetto Graig – Die ministerie van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit het bykans sewe jaar nadat die bouwerk aan sy nuwe N$800 miljoen-hoofkantoor begin het, eindelik die naweek na dié nuwe perseel op die hoek van Hosea Kutako-rylaan en Harveystraat in Windhoek-Noord verhuis.
Volgens die ministerie se uitvoerende direkteur, mnr. Ettienne Maritz, behoort dienslewering van môre af te hervat.
Die kantore van beide die ministerie se geboue in Windhoek se noordelike nywerheidsgebied en die een in die middestad is verlede week vir die publiek gesluit, maar dienste sal Dinsdag 1 Februarie by die nuwe gebou hervat.
Die nuwe gebou is tien verdiepings hoog en bestaan uit twee vleuels op elke vloer. Alle toonbanke is op die grondvloer. Die ministerie se departement vir administrasie en vlugtelingbestuur sal in die gebou gehuisves wees saam met die departemente vir immigrasiebeheer, burgerskap en die Khomasstreekskantoor.
Die Namibiese polisie (Nampol) sal ook ’n kantoor daar hê, waar dokumente gesertifiseer kan word terwyl die Namibiese Korrektiewe Dienste (NCS) ook ’n inligtingstoonbank sal beman.
Volgens Maritz het die gebou die ministerie net minder as N$800 miljoen (N$799 099 939,56) uit die sak gejaag terwyl die kantrakteurs ’n gesamentlike onderneming van China Civil Engineering Construction Namibia en Shilongo Investments was.
Hy sê die gebou sou aanvanklik in Junie 2018 voltooi gewees het nadat die bouwerk op 1 April 2015 begin het. “Vanweë maatreëls om koste in 2016 en 2017 te besnoei, is die bouwerk eers gestaak. Dit het toe op 27 Junie 2018 hervat en is op 1 September 2021 voltooi,” sê hy.
Let daarop dat die verhuising ook telefoonlyne beïnvloed en dié ministerie nog nie op sy landlynnommers bereikbaar is nie.
Mense wat intussen geboortesertifikate benodig, moet die kraamafdeling van die Windhoek Sentrale hospitaal of die Katutura-staatshospitaal se kraamsaal besoek. Die Rhino Park privaat hospitaal sal verantwoordelik wees vir die uitreik van doodsertifikate. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie