N$802,7 miljoen vir internasionale betrekkinge
Die begroting van die ministerie van internasionale betrekkinge en samewerking is verlede week gemotiveer.
Die adjunkpremier en minister van internasionale betrekkinge en samewerking, me. Netumbo Nandi-Ndaitwah, het verlede week haar begroting van N$802,7 miljoen in die Nasionale Vergadering gemotiveer.
Sowat N$705,7 miljoen (88%) sal aan die operasionale begroting vir vyf verskillende programme bestee word en meer as N$96,9 (12%) vir kapitale projekte in diplomatieke missies en hoofkwartiere. Die eerste program behels streeks- en bilaterale betrekkinge en samewerking waarvoor N$48,4 miljoen begroot is. N$30 miljoen is begroot vir onderhandelinge tussen Namibië en Duitsland oor die kwessie van die volksmoord, apologie en reparasies en die res van sowat N$18,4 miljoen is vir die program.
Namibië het diplomatieke betrekkinge met 150 lande in die wêreld.
Vir die tweede program, multilaterale beleidsamewerking, is die begroting sowat N$36,4 miljoen en N$21,4 miljoen vir die jaarlike bydraes tot internasionale organisasies wat 'n balans van N$15 mijoen vir multilaterale aktiwiteite laat.
“Namibië bly verbind tot die volle implementering van Agenda 2063 van die Afrika-unie (AU). Tydens die vierde AU uitvoerende raadsvergadering in Mei 2016 in Nairobi, Kenia, het die eer my toegekom om as voorsitter van die AU se ministeriële opvolgkomitee vir die implementering van Agenda 2063 gekies te word,” het Nandi-Ndaitwah gesê.
As 'n lid van die AU-komitee van die tien staatshoofde (C10) oor die hervorming van die Verenigde Nasies (VN) se Veiligheidsraad, sal Namibië deelneem aan die aktiwiteite van die C10. Ook sal Namibië deelneem aan die aktiwiteite van die VN, veral die Algemene Vergadering, om internasionale vrede en veiligheid, volhoubare ontwikkeling, menseregte, geslagsgelykheid en die vermindering van die impak van klimaatverandering, te bevorder.
Die derde program is protokol en konsulêre programme waarvoor sowat N$13,5 miljoen begroot is, en wat sal voortgaan om protokol en konsulêre dienste te voorsien, asook die uitbreiding van voordele en immuniteit van die diplomatieke korps te administreer.
Vir die vierde program, buitelandse missie-verteenwoordiging, is sowat N$585,7 miljoen begroot.
“'n Nuwe missie is in Algerië geopen wat die totaal van diplomatieke missies op 35 te staan bring, drie algemene konsulate ingesluit.
“Die ministerie is deur ons ekonomiese diplomasie die fasiliteerders van die bevordering van handel en beleggings. 'n Goeie voorbeeld is die suksesvolle aanbieding van die Invest in Namibia-konferensie in November 2016,” het die minister gesê.
Die vyfde program is koördering en ondersteuningsdienste waarvoor Nandi-Ndaitwah sowat N$118,7 gemotiveer het. N$8,1 miljoen is vir die kantoor van die minister en meer as N$110,5 vir administrasie.
“Die ministerie poog dat prioriteit aan effektiewe eiendomsbestuur gegee word deur eerder eiendom te bekom as om diplomatieke eiendom te huur om koste te bespaar.
Projekte sluit in die opgradering van ablusiegeriewe by die hoofkwartiere, asook die voltooiing van kapitale projekte in Addis Abeba, Luanda, Pretoria, Lusaka en New York,” het Nandi-Ndaitwah gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie