N$90 miljoen vir landboubeleggings beskikbaar
Eos Capital het die eerste sluiting van sy Euphrates Agri Fund bekend gemaak nadat N$90 miljoen (US$5,7 miljoen) gewerf is.
Dit stel Euphrates in staat om sy eerste beleggings in boerderyprojekte regoor die Namibiese landbouwaardeketting te maak, terwyl bykomende kapitaalwerwing voortduur, sê dié beleggingsbestuurder in ’n verklaring.
Eos Capital beplan om voor die einde van die jaar sy eerste belegging in landbou te maak.
Met sy Euphrates Agri Fund wil Eos Capital “’n renaissance in Namibië bewerkstellig deur te fokus op klimaataangepaste landboubeleggings wat die Verenigde Nasies se Volhoubare Ontwikkelingsdoelwitte (SDG’s) ondersteun”, lui die verklaring. Dit is die doelwitte van geen armoede, geen honger, geslagsgelykheid, ordentlik werk en ekonomiese groei.
Dié beleggingsbestuurder sê een van die projekte in die finale stadium van oorweging sal dit moontlik maak vir Namibiese vroue om kleinskaalse boere te word wat volhoubare metodes gebruik.
“Dit sal hulle finansiële onafhanklikheid en Namibië se voedselsekerheid verbeter, terwyl dit steeds kommersiële opbrengste vir beleggers behaal,” sê Eos Capital.
Argieffoto ter illustrasie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie