N$900 000 in transitorooftog gesteel
Francoise Steynberg - 'n Transitorooftog het Dinsdagmiddag helder oordag op Okahandja plaasgevind waartydens byna 'n miljoen Namibiese dollar in kontant gesteel is.
Die gewapende rooftog het volgens die woordvoerder van die Namibiese polisie, hoofinsp. Kauna Shikwambi, omstreeks 16:40 plaasgevind.
“’n Ongewapende sekuriteitswag van Namibian Protection Services (NPS) het na bewering geldtrommels met kontant by Standard Bank in die inkoopsentrum gaan haal," het Shikwambi gesê.
Hy was glo op pad om die N$900 000 in kontant na Standard Bank se hooftak op Okahandja te neem.
By die kruising by die dorp se ouetehuis, is die sekuriteitswag glo deur mans in 'n donkerblou VW Polo-sedan in 'n lokval gelei.
"Twee verdagtes wat te voet was, het in die NPS-voertuig gespring, die sekuriteitswag oorrompel en agter in sy voertuig toegesluit en in 'n suidelike rigting weggejaag na die brug by die treinspoor," het Shikwambi gesê.
Die sekuriteitswag is glo agterin die NPS-voertuig toegesluit, waarna die vyf rowers met die kontant in hul voertuig gevlug het.
"Geen beserings is aangemeld nie, geen geld is teruggevind nie en niemand is al in hegtenis geneem nie," het Shikwambi bevestig.
Die sekuriteitswag is gister nog deur die polisie ondervra en die ondersoek duur voort.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie