Na dese is ek te skaam om te kla
Dis ’n ervaring wat nooit afgesaag raak nie – om iemand in aksie te sien wat iets kan vermag wat oënskynlik die menslike verstand te bowe gaan.
Daar is weinig dinge wat meer tragies is as talent wat vermors word of om ander redes verlore gaan.
In die naam van vooruitgang het die moderne lewe mos so gerieflik geraak dat SMS’e nie eers meer volsinne hoef te wees nie . . . as jy verstaan wat ek bedoel.
Die paradoks wat in “vooruitgang” vervat lê, is hoe elke geslag homself waarskynlik oorwegend gunstig met sy voorgangers vergelyk. Dog, met ’n baie kort en kwesbare geheue.
Ek weet – niemand het tyd of lus om te luister na die outoppie-stories van “hoe ouer ek word, hoe beter was ek in my jong dae en hoe verder het ek soggens skool toe gestap” nie.
Die dae van sukkel is mos verby. Sukkel is wat die Voortrekkers moes doen om met ossewaens oor die Drakensberge te kom.
In die gejaagdheid van vandag se komplekse lewe word maklik vergeet hoe waardevol sekere tydlose karaktertrekke is waarvoor maklik met ongeduld neus opgetrek kan word.
Ons hoef beswaarlik verder te kyk as na die tragiese huidige (of baie onlangse) stand van leierskap in die wêreld. Noem maar die bekende voorbeelde op – hoe is dit moontlik dat die mensdom geen beter gehalte staatshoofde kan oplewer nie as die Bashar al Assads, Donald Trumps, Robert Mugabes, Jacob Zumas of vele ander van die dosyne lande wat deur waarnemers as diktatorskappe of outoritêre state gereken word?
Die oorloë in Sirië, Afghanistan en Irak en die dwelmgedrewe gewapende konflik in Mexiko was in die kalenderjaar 2017 die vier bloedigste gebiede ter wêreld – elkeen met meer as 10 000 sterftes.
En daarna volg die volgende 14 “kleintjies” waar tussen 1 000 en 9 999 mense in dieselfde tydperk in gewapende konflik om die lewe gebring is.
Daar is niks goeds te sê oor oorlog nie. Oorloë is maklik om te begin, maar nooit eenvoudig om te staak nie. Die stories van triomf van die menslike gees om elke struikelblok en tragedie te oorkom, is straks die enigste blywende positiewe nalatenskap.
Met dit alles as agtergrond – laat my toe om twee sulke bewonderenswaardige helde van ’n vergete era bekend te stel.
Viktor Ivanovich Chukarin was ’n Russiese gimnas wat 11 medaljes by twee Olimpiese Speles (1952 en 1956) gewen het, met nog ’n wêreldkampioenskaptitel tussenin.
In 1941, toe Hitler se Duitse magte hul aanslag op Rusland gerig het, is Chukarin vrywillig na die oorlogsfront, waar hy in aksie gewond is en krygsgevange geneem is. Teen die tyd dat hy in 1945, 17 moordende gevangeniskampe later, bevry is, was sy liggaamsmassa net 40 kilogram.
’n Jaar later was hy as gimnas terug in aksie by die Sowjetunie se nasionale kampioenskap, en in 1949 was hy die algehele nasionale kampioen.
In beide sy Olimpiese Speles was Chukarin se grootste teenstander ook van die Sowjetunie.
Hrant Shahinyan (ook genoem Grant) is in Armenië gebore en het ook vrywillige diens aan die gevegsfront tydens die Tweede Wêreldoorlog gelewer. Hy is in die been gewond en het met ’n stok geloop, maar het hom ook as ’n gimnastiekstudent begin toespits.
Deur harde werk het hy die nasionale span gehaal en as spesialis op die ringe en beuelperd het hy vir Armenië geskiedenis gemaak as eerste Olimpiese medaljewenner (twee goues en twee silwers).
Word sulke ysters vandag nog gemaak?
Vandat ek van dié twee manne se stories bewus geword het, dink ek twee keer voordat ek hardop oor enige onbenulligheid kla.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie