Na‡aJaqna skop vas oor plase
Lede van 'n bewaringsgebied dreig om internasionale media bewus te maak dat projekte wat Europa finansier, teen die wense van inheemse gemeenskappe indruis.
Catherine Sasman - Die komitee van die N‡aJaqna-bewaringsgebied het weer eens die nege boerdery-eenhede verwerp wat die ministerie van grondhervorming vir die gebied voorgestel het.
Die voorsitter van die komitee, me. Sarah Zungu, sê sy was geskok toe 'n afgetekende kaart van die eenhede aan haar voorgelê is. Dit nadat die komitee jare reeds baie duidelik en met dokumentasie as steun, aangedui het dit stel nie belang in die voorstel nie.
Zungu het verlede Donderdag gesê die persoon wat die kaart afgeteken het, is 'n gewone komiteelid en nie die voorsitter of ondervoorsitter soos in sy grondwet vereis word nie.
“Die bewaringsgebied weier om die kaart - waarteen dit sterk gekant is - te onderteken. Die besware is vroeër al op skrif gestel en by verskeie vergaderings met die ministerie van grondhervorming bespreek,” het Zungu gesê. Volgens haar word die bewaringsgebied eenvoudig geïgnoreer.
Die kaart is vervaardig deur die konsultant Namibia Premier Solutions. Die Europese Unie (EU) en die Duitse bank KfW het dit gefinansier.
Zungu sê ondanks die bewaringsgebied se standpunt het die konsultant, “of diegene agter hulle”, herhaaldelik die “duidelike en direkte teenkanting” geïgnoreer.
“Ons wil op rekord gaan dat ons nee sê vir die kaart en nie van plan sal verander nie. As julle hiermee voortgaan, sal ons die Duitse en Europese media in kennis stel oor hoe projekte wat die EU en Duitsland finansier, teenstrydig is met die uitdruklike wense van inheemse gemeenskappe in Namibië,” het Zungu gewaarsku.
Sy het gesê die Namibiese regering, wat die N‡aJaqna-bewaringsgebied gepromulgeer het, blyk nou verbete te wees om 'n groot gedeelte daarvan in 'n plaas te verander.
“Die bewaringsgebied is goedgekeur sodat ons die natuurlike hulpbronne kan beskerm en ons kinders 'n toekoms kan hê. Ons stel nie belang in plase nie; ons dink aan die toekoms van die gebied,” het sy gesê.
“As daar werklik geld is om ons waarlik op te bou, is ons droom die geleentheid om self te besluit wat daarmee gedoen moet word.”
Sy sê die bewaringskomitee sou eerder meer wild wil aankoop, meer waterpunte vir diere bou en moontlik 'n lodge oprig om toeriste te lok.
In haar verklaring stel Zungu ook voor dat beskikbare geld gebruik word in hul stryd teen die oprig van onwettige heinings en besettings.
Die hoërhof het in 2016 beslis dat 22 van die 35 onwettige besetters hul heinings moet verwyder en die omgewing verlaat. Otjozondjupa se grondraad, wat dié proses moes behartig, het volgens Zungu niks gedoen nie.
“Dit wil voorkom asof daar 'n sistematiese verontagsaming van die San in hierdie gebied is, ondanks 'n besluit van die howe. Hulle faal ons, maar ons sal nie rus nie. Ons al aanhou vir ons regte baklei, al beteken dit ons moet die grondraad en die tradisionele owerheid aankla vir minagting van die hof,” het Zungu gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie