Naakte groente, enigu00adiemand? PnP hoop so
Naakte groente, enigu00adiemand? PnP hoop so

Naakte groente, enig­iemand? PnP hoop so

'n Winkelreus gee verbruikers nou 'n kans om onnodige plastiekverpakking te kan vermy.
William Horne - Vroeër was dit onvanpas om vrugte en groente nié in mooi verseëlde verpakkings te verkoop nie, nou is die oormatige plastiek 'n probleem. En Pick n Pay (PnP) in Suid-Afrika hoop jy stem saam.

In 'n proeflopie om te meet hoe gretig verbruikers is om saam te span teen plastiekbesoedeling, het PnP dié week rakke in Suid-Afrika met “naakte” vrugte en groente in 13 winkels landswyd geopen. Soos in die “ou dae”, sal PnP nou nog 12 soorte vrugte en groente los verkoop – sonder verpakking of selfs plakkers.

Die idee, sê die winkelreus in 'n verklaring Maandag, is om verbruikers 'n kans te gee om onnodige plastiekverpakking te kan vermy en die wêreldwye veldtog teen plastiek te ondersteun. Die stap kom terwyl al hoe meer eetplekke ophou om strooitjies te voorsien of mense versoek om dit nie te gebruik nie. Daarby voorsien verskeie winkelgroepe nou 'n groter verskeidenheid materiaal- en bruinpapiersakke vir die verpakking van kruideniersware. In Johannesburg het die onafhanklike kruidenier The Refillery onlangs sy deure geopen waar jy net onverpakte vars­produkte kan koop, en in Kaapstad is Nude Foods op ­dieselfde grondslag gevorm.

PnP het selfs so ver gegaan soos om die plastiekplakkers op hul groente en vrugte te vervang – danksy die gebruik van lasers. “Selfs as net 'n klein plakker op 'n enkele produk gebruik word, is die plakker se agterkant steeds plastiek,” sê Paula Disberry, direkteur van PnP se kleinhandelsafdeling. “Die laser verwyder die boonste laag vel op harde groente en ets die PnP-handelsmerk, verskafferskode en verkoopdatum regstreeks op die individuele produk.

“Dit beteken dat nul plastiek nou op hierdie produkte gebruik word.”

PnP bied nou altesame 47 soorte vrugte en groente sonder verpakking aan. By die nuwe rakke sal daar bruinpapiersakke beskikbaar wees vir verbruikers wat nie hul eie sakkies saamgebring het nie. Sodoende word plastiekbesoedeling verder beperk. PnP verkoop ook 'n spesiale netsakkie teen R7,50 elk vir die dra van groente en vrugte wat steeds ventilasie toelaat. Die verkope van los groente en vrugte verteenwoordig tans slegs 10% van dié produkte by PnP. Dit beteken 90% van groente en vrugte is reeds verpak.

Disberry sê afhangend van hoe goed verbruikers reageer sal dié praktyk dan na sy ander winkels ook uitgebrei word.– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!