Naam bekend van man wat in motorfietsongeluk sterf
Naam bekend van man wat in motorfietsongeluk sterf

Naam bekend van man wat in motorfietsongeluk sterf

Henriette Lamprecht
Die 58-jarige Josia Swart het vanoggend omstreeks 03:45 in die intensiewesorgeenheid van Mediclinic op Swakopmund aan sy beserings beswyk, nadat hy Saterdag in 'n ongeluk met sy motorfiets betrokke was. Volgens die polisie in die Erongostreek het Swart Saterdag omstreeks 10:45 'n klip met sy motorfiets op die grondpad naby Nonidas buite Swakopmund getref. Hy het beheer oor sy motorfiets verloor wat omgeslaan het. Swart is in 'n kritieke toestand in die hospitaal opgeneem.

Kommentaar

Republikein 2025-04-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer