Naam bekend van Namibiër wat in Engeland aan Covid-19 sterf
Ronelle Rademeyer - Die Namibiër wat Saterdag in Nottingham, Engeland, aan die coronavirussiekte (Covid-19) dood is, se naam is bekend gemaak.
Hy is die 56-jarige mnr. Abiud Vambetja Uazeua. Sy vrou, Consey, verpleeg in Engeland.
’n Familievriend het vanoggend uit Engeland gesê sy gesin is gister ingelig sy oorskot sal nie na Namibië gerepatrieer kan word om hier begrawe te word nie.
Die vriend, wat nie sy naam genoem wil hê nie, sê me. Uazeua is die suster van hoofman Sam Kambazembi van die Kambazembi tradisionele owerheid. Volgens hom sal die familie vandag of môre oor die begrafnisreëlings besluit.
Intussen het die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, me. Netumbo Nandi-Ndaitwah, in ’n verklaring gesê Uazeua was welbekend en medelye met die familie stroom van dwarsoor die wêreld in.
Me. Linda Scott, Namibië se hoë kommissaris in Londen, het namens die Namibiese regering met die familie gesimpatiseer.
Uazeua, wat volgens die familievriend taxidienste in Nottingham verrig het, is sover bekend die eerste Namibiër wat weens Covid-19 gesterf het.
Republikein is bewus van ander Namibiërs wat in die Verenigde Koninkryk en die VSA positief getoets het vir die virus, maak intussen gesond geword het. Hulle wil nie geïdentifiseer word nie.
Volgens die verklaring deur Nandi-Ndaitwah was wyle Uazeua se vrou en kinders by hom toe hy gesterf het. Hy is die pa van agt kinders.
Meer inligting is nie bekend gemaak oor die omstandighede waaronder hy dood is nie.
Foto: Facebook

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie