Nabta sit sy voet neer
Nabta sit sy voet neer

Nabta sit sy voet neer

Die Namibiese Bus- en Taxivereniging sit die nasionale taxitariewe uiteen.
Augetto Graig
Augetto Graig

Die Namibiese Bus- en Taxivereniging (Nabta) se nasionale uitvoerende komitee het sy voormalige president, mnr. Vespa Muunda, saam met mnr. Lazarus Mhata, bekend as mnr. Ketu, mnr. Martin, bekend as mnr. Kennedy van Otjiwarongo, en ’n mnr. Gottleib, bekend as mnr. Shapange, geskors.

Volgens die vereniging het die mans oneties opgetree en mag nie meer namens Nabta sake doen nie.

“Hulle is verbied om namens Nabta op te tree en sal nie langer en tot verdere kennisgewing enige regte hê om Nabta te verteenwoordig nie, of om in Nabta-aktiwiteite deel te neem as gevolg van die skade wat hulle aan die vereniging aangerig het,” lui ’n nuusvrystelling wat Donderdag uitgereik is. Enige kommunikasie in Nabta se naam vanaf enige van dié mans moet geïgnoreer word.

Nabta het ook sy briefhoof verander en amptelike kommunikasie sal slegs met die nuwe kleur briefhoof en met die handtekening van die waarnemende president, mnr. Jeffrey Platt, en van die nasionale sekretaris-generaal, mnr. Pendapala Nakathingo, geldig wees.

Verder het Nabta nuwe tariefboekies saamgestel om verwarring oor taxipryse die hoof te bied. Die nuwe boekies vir Windhoek, Walvisbaai, die Noorde en nasionale langafstandreise sluit die onlangse verhoging van 9,2% in.

Nabta het die regering bedank vir ’n verwagte skenking van een miljoen gesigmaskers wat taxibestuurders en passasiers in openbare vervoer sal gebruik.

Beter veiligheid sal ook toegepas kan word met die implementering van ’n passasiersregister wat ons aanbeveel, sê die vereniging.

Die stelsel sal inligting oor passasiers verskaf, oorlaaide taxi’s bekamp, wetshandhawing vergemaklik, statistiek verbeter en help om die gryp van bagasie by oplaaipunte te verminder, sê hy.

Nabta beplan ’n nasionale konferensie vir Junie volgende jaar waar onder meer die vereniging se grondwet hersien sal word, nuwe beamptes aangestel sal word, ’n belanghebbers raadgewende komitee gestig sal word en kwessie van elektroniese besprekings en veiligheid onder die vergrootglas sal wees.

Volgens Nakatingo doen Nabta ’n beroep op vervoerverskaffers en ander padverbruikers om die feesseisoen veilig te ry, by spoedbeperkings te hou, nie dronk te bestuur nie en voorsiening te maak vir twee bestuurders vir langafstandreise om veiligheid te verseker. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!