NAC kry sy boeke agtermekaar
Die Lughawensmaatskappy is besig om sy finansiële state vir die 2020-boekjaar te hersien en beoog om dit teen einde September te voltooi.
Augetto Graig – Die Namibië Lughawensmaatskappy (NAC) se voorsitter, dr. Leake Hangala, het Maandag tydens die jaarvergadering die bestuur bedank vir die voorlegging van jaarverslae vir die boekjare 2017, 2018 en 2019 aan die lynministerie (werke en vervoer).
Hy het die bestuur, onder leiding van die uitvoerende hoof, mnr. Bisey /Uirab, geprys.
Volgens Hangala is vordering in terme van die voldoening aan toepaslike wetgewing met betrekking tot die bestuur van die staatsonderneming gemaak.
Hangala sê die NAC-bestuur kon oor die afgelope twee jaar die finansiële rekords vir boekjare 2017, 2018 en 2019 ter tafel lê.
Dié dokumente is deur die ministerie van staatsondernemings goedgekeur en sal deur die ministerie van werke en vervoer in die parlement voorgelê word.
“Hoewel sommige die inhoud van die dokumente as histories beskou, beskou ons dit as 'n reuseprestasie om te verseker die maatskappy voldoen ten volle aan die bepalings volgens die wetlike raamwerk,” sê Hangala, en dat NAC se finansiele state nou op datum is.
“Die finansiële state vir die 2020-boekjaar word hersien en ons beoog om teen einde September klaar te wees,” sê hy.
By dieselfde geleentheid het die minister van staatsondernemings, mnr. Leon Jooste, gesê die regering is bewus van moontlike onreëlmatighede by NAC oor die betrokke boekjare, “en ons sal nie hierdie gebeure miskyk nie. Hierdie kwessies is reeds by die betrokke owerhede aangemeld en word ondersoek. Die reg moet sy pad loop,” sê hy.
SAKEPLAN EN BESNOEIING
In verband met die verbeterde boekhouding by NAC, sê Jooste: “Dit is 'n trotse dag vir ons, met die goedgekeurde state vir die drie jaar en die moontlikheid vir volledige nakoming nog hierdie jaar.
“Ons verwag Donderdag (vandag) die voorlegging van die geïntegreerde strategiese sakeplan. Wanneer dit goedgekeur word, sal die onderhandeling van prestasiekontrakte begin, met prestasies gebaseer op die sleutelaanwysers soos in die sakeplan bepaal word,” sê hy.
/Uirab sê NAC gaan poog om sowat 350 werkgeleenthede by die staatsonderneming te beskerm, ten spyte van die impak wat Covid-19 die afgelope drie maande op lughawens gehad het.
“Ons maak ons inkomste uit kommersiële vlugte, maar ons kon ons spaargeld gebruik om ons aan die lewe te hou. Nou moet ons ons huidige situasie hersien. Daar sal beslis nie vanjaar salarisverhogings wees nie.
“Ons kanselleer enige diskresionêre besteding en kapitaalbeleggings word verminder, behalwe dié wat reeds aan die gang is, en dit wat benodig word om aan internasionale standaarde te voldoen,” sê hy.
Hangala het gesê 'n beduidende vermindering van personeelkoste kan bewerkstellig word deur poste te bevries, posteverdeling te bevorder en deur die opskorting van salarisverhogings.
Hy is ook trots op die vordering met die afhandeling van sowat 30 hofsake waarin die NAC in die afgelope maande gewikkel was.
As voorbeeld lig hy die hooggeregshofuitspraak op 7 Mei teen China State Construction Engineering oor fase 2 van die opgradering van die Andimba Toivo ya Toivo-lughawe uit.
Hangala sê Fire Tech Systems het ook sy eis van ongeveer US$2 miljoen oor die aankoop van sekuriteitskandeerders op 2 Junie laat vaar, met 'n aanbod om NAC se regskoste te dek.
“Die getal uitstaande hofgedinge, onderhewig aan verrigtinge in die howe van Namibië, staan op net vier,” sê hy.
Die voorsitter is ook tevrede met die vordering van die opgradering van die Internasionale Lughawe Hosea Kutako.
“Nexus-kontrakteurs en die projekspan maak gebruik van hierdie aftyd van die lughawebedryf om met konstruksiewerk voort te gaan.
“Ek is bly om te berig dié projek verskaf werkgeleenthede aan 226 Namibiërs.”
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie