NAC probeer stokkie voor lughawetender steek
NAC probeer stokkie voor lughawetender steek

NAC probeer stokkie voor lughawetender steek

Daar was na bewe­ring ongerymdhede met die toekenning van 'n tender om die Ondangwa-lughawe op te knap.
Catherine Sasman
Catherine Sasman



Die Namibië Lug­ha­wens­maat­­skap­py (NAC) het 'n hoërhofaansoek ingedien om 'n besluit op 23 Junie 2016 deur hul vorige raad oor 'n N$211 miljoen-tender ter syde te stel.

Dié kontrak is aan China State Construction Engineering toegestaan om die Ondangwa-lughawe op te knap.

'n Aanvanklike tender van N$4,8 miljoen aan dié maatskappy is voorafgegaan deur twee toekennings vir die vroeëre fases van opknapwerk by die lughawe.

Die eerste tender vir die eerste fase van die projek is in September 2014 aan Sinohydro Corporation Ltd. toegeken en deur die voormalige uitvoerende hoof, mnr. Tamer El-­Kallawi, onderteken.

Aurecon Consulting Engineers, 'n NAC-konsultant, het vier maat­skappye vir verdere opknapwerk aan die lughawe in die Noorde aanbeveel.

Hoewel China State nie op dié kortlys was nie, is hy op aanbeveling van NAC-personeel ingesluit.

Mnr. Lot Haifidi, die voormalige waarnemende uitvoerende hoof wat die aansoek gebring het, sê dit is onduidelik hoekom die maatskappy voorkeur geniet het.

El-Kallawi en die voormalige ingenieurshoof, mnr. Courage Silombela, het glo gesê China State en 'n ander onderneming moet gekortlys word.

Gevolglik het Aurecon op 17 November 2014 die aanbeveling bekragtig en die kontrak is op 11 Maart 2015 onderteken.

In sy hofverklaring sê Haifidi daar was hierna nooit planne dat die NAC weer van China State se dienste gebruik sou maak nie. Sonder 'n ­openbare tenderproses het El-­Kallawi en Silombela glo egter in Mei 2016 opnuut aanbeveel dat China State die kontrak vir opknapwerk by die lughawe kry.

Haifidi sê voorts die twee mans het die proses ge­manipuleer.

In dié proses het die tender se prys glo van N$170 miljoen tot N$211 miljoen gestyg.

Silombela en El-Kallawi het albei bedank voor hulle voor 'n interne tugkomitee gedaag is.

Volgens die huidige raadsvoorsitter, mnr. Rodgers Kauta, sal hulle nie geld hê vir onder meer salarisse as hulle die N$211 miljoen moet opdok nie.

Soos sake tans staan, is die lopende saak-vooruitsigte van die NAC reeds in die gedrang.

Die saak is vir 17 April vanjaar op die rol geplaas.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!