NAC steeds sonder baas
NAC steeds sonder baas

NAC steeds sonder baas

Die maatskappy het sedert die skorsing van mnr. Tamer El Kallawi in 2017 nie ’n uitvoerende hoof nie.
Ogone Thlage
Ogone Tlhage – Die werwingsproses vir die aanstelling van ’n nuwe uitvoerende hoof vir die Namibië Lughawensmaatskappy (NAC) is steeds nie afgehandel nie, sê mnr. Leake Hangala, raadsvoorsitter van dié semistaatsonderneming.

Die NAC het sedert die skorsing van mnr. Tamer El Kallawi in 2017 nie ’n uitvoerende hoof nie.

Ná El Kallawi se skorsing is mnr. Lot Haifidi as waarnemende uitvoerende hoof aangestel.

Haifidi het egter kort ná sy aanstelling bedank en is deur die voormalige presidensiële woordvoerder, mnr. Albertus Aochamub, vervang.

Aochamub was die uitvoerende hoof tot Augustus 2018. Haifidi het toe as waarnemende uitvoerende hoof teruggekeer en is steeds in dié posisie.

Ses mense is sedert 2012 as hoof van die NAC aangestel, wat mnr. Ben Biwa insluit, wat in 2012 aangestel is, asook me. Toska Sem en mnr. Matti Asino, wat beide waarnemende posisies beklee het.

Ook by dié lys ingesluit, is El Kallawi, Aochamub en Haifidi.

“Dit is nog nie afgehandel nie,” het Hangala gesê.

Hy wou geen kommentaar op die moontlike aanstelling van mnr. Bisey /Uirab, NamPort se huidige uitvoerende hoof, lewer nie.

Volgens Hangala sal die proses teen die einde van die maand afgehandel wees.

Beide The Namibian en Windhoek Observer het berig /Uirab sal as die NAC se uitvoerende hoof oorneem. Die kabinet het dié aanstelling glo goedgekeur.

Die NAC-raad wou mnr. Werner Schuckmann, ’n rekenmeester, aanstel, maar hy het die aanbod van die hand gewys omdat hy nie met die vergoedingspakket tevrede was nie, het The Namibian in Januarie berig.

Schuckmann het glo op ’n jaarlikse pakket van N$2,6 miljoen aangedring.

Sy eise sluit ook ’n vermaaktoelaag van N$60 000, N$10 000 se selfoontoelaag, ’n 50%-bonus en 36 dae verlof in om die finansieel onbestendige semistaatsonderneming te bestuur.

Die NAC bestuur agt lughawens in die land.

Die opdrag om ’n nuwe uitvoerende hoof vir dié maatskappy te vind, kom van mnr. John Mutorwa, minister van werke en vervoer, af is berig.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!