Nael en skrum saam vir N$13 000 se kontant
Ná die rugbydroogte in Suid-Afrika vir ’n groot deel van verlede jaar skop die Carling Curriebekerseisoen amptelik vandag af.
Republikein borg prysgeld van N$13 000 vir deelnemers aan dié aflewering van ons rugbyraaikompetisie, wat voorheen tot die Superrugby-reeks beperk was.
Elke week is N$1 000 op die spel vir die beste raaiskoot uit alle wedstryde. Hierdie jaar vind wedstryde ook op weekdae plaas.
Die sewe spanne wat sake in die premierafdeling sal uitspook, is die Blou Bulle, Cheetahs, Leeus, Griekwas, Pumas, die Haaie en die streeptruie van die Westelike Provinsie.
Die verdedigende kampioen is die Bulle. Hulle het op 30 Januarie vanjaar die Sharks met 26-19 op Loftus Versfeld geklop. Môre draf die WP hier teen die Bulle uit in nog ’n klassieke Noord-Suid derby.
Netwerk24 berig die ligbloues, vanweë die unie se aanslag op die Reënboogbeker- finaal teen Benetton, het 21 debutante in hul spanlys van 23 spelers, terwyl WP self tans sonder 28 van die Kaapse span se staatmakers moet klaarkom. Tog word Loftus steeds as ’n bastion beskryf waar die Kapenaars moeilik hul seisoen met ’n oorwinning sal kan afskop.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie