Naels uit oor katte in sirkus
Die Dierebeskermingsvereniging van Namibië is teen die McLaren-sirkus se besoek aan Namibië in Junie gekant.
Francoise Steynberg - Die Dierebeskermingsvereniging van Namibië, (DBV) het ook sy gewig agter 'n aanlyn klagskrif gegooi om te verhoed dat die Suid-Afrikaanse McLaren-sirkus die land in Junie kom besoek.
"Moenie hierdie soort dieremishandeling ondersteun nie. Die McLaren-sirkus is die enigste sirkus in Suid-Afrika wat steeds wilde diere vir hul winste uitbuit," lui die klagskrif met meer as ‘n 1 000 handtekeninge, wat aan die minister van die omgewing en toerisme gerig is.
"Hierdie diere, wat in aanhouding geteel is, sal nooit die vryheid ervaar wat hulle verdien nie."
Die bestuurder van die DBV, me. Hanna Rhodin, het in 'n mediaverklaring gesê sodra die sirkus 'n lisensie kry volgens die wet op die beskerming van diere wat optree, mag hulle wettiglik in Namibië optree.
"Die sirkus moet egter aan die dierebeskermingswet gehoor gee en die DBV sal inspeksies by die sirkus hou om dit te verseker," sê Rhodin en voeg by die DBV is gekant teen wilde diere in sirkusse.
"Die DBV glo wilde diere hoort in die wildernis en moet nie in aanhouding wees vir finansiële gewin, vermaak of tot mense se voordeel nie. Daar is niks opvoedkundig daaraan om diere te sien wat onnatuurlik optree en truuks in aanhouding uitvoer nie."
Die DBV is ook bekommerd oor die invoer van eksotiese wild na Namibië met die risiko van siektes, en oor die moontlikheid dat wreedheid teenoor diere binne Namibiese grense toegelaat word.
Mnr. David McLaren, eienaar van McLaren-sirkus verseker alle diere in die sirkus word net met liefde en die beste sorg behandel.
Die wilde diere ter sprake in die sirkus is onder meer Bengaalse tiere, wit Bengaalse tiere, leeus, wit leeus, krokodille, kamele en luislange.
PERMITTE
Republikein het navrae aan die ministerie van die omgewing en toerisme gerig oor die permitte wat benodig word om hierdie eksotiese wilde diere na Namibië te bring.
"As wilde diere onderhewig aan die Konvensie van vir die Handel in Bedreigde Spesies (Cites) ingebring word, al is dit net vir die duur van die sirkus, word Cites-permitte beslis vereis," het die woordvoerder van die ministerie, mnr. Romeo Muyunda, gesê.
"Dit is nodig vir hulle om 'n invoerpermit van die ministerie en 'n uitvoerpermit van Suid-Afrika te bekom. Ons sal die meriete van die aansoek, asook ons wette en beleide in ag neem. Ons kan nie in hierdie stadium sê of ons dit gaan goedkeur of nie," verduidelik die woordvoerder.
'n Namibiese maatskappy, Yin Yang Investments, bied dié Namibiese toer in samewerking met McLaren-sirkus aan.
"Die sirkus se reisprogram is beperk tot minder as 300 km per dag met die ondersteuning van die veeartsenyspan," het die kantoorbestuurder van Yin Yang Investments, me. Martha Herman, op navraag van Republikein geantwoord.
"Dit was die vertrekpunt van die program en ons sal nie afwyk van 'n benadering wat om die welsyn van die diere in die reisgroep sentreer nie. Ons het ook die owerhede vooraf ingelig oor ons voornemens van sirkusdiere in Namibië."
Wat die Cites-permitte betref, het Herman gesê die konvensie beskerm die handel in beskermde spesies "en in ons geval is 'n verskillende stel wette van toepassing en ons het vir goedkeuring van die toepaslike ministerie onder die korrekte wette en regulasies aansoek gedoen".
Sy sê die finale permitte is onderwerp aan goedkeuring en hierdie proses word deur hul regsafdeling bestuur.
Oor die teenkanting wat die gebruik van diere in die sirkus op Yin Yang Investments se Facebook-blad uitlok, sê Herman: "Sosiale media bied die geleentheid om kommentaar te lewer. Of dit nou oor die gebruik van perde in perdewedrenne is of om perdekarre in afgeleë landelike gebiede te trek, die gebruik van honde om smokkelgoedere uit te snuif of in ons geval die gebruik van diere in die vermaaklikheidsbedryf is.”
Herman sê met Namibië se ryke geskiedenis van die gebruik van diere in veeboerdery, en die toerisme- en jagbedryf, word van mense verwag om te verstaan dat daar 'n inherente verhouding tussen diere en mense in hierdie land is.
VERMAAK
Sy sê dis is belangrik om te verstaan wat 'n sirkus doen. "Dit gaan oor vermaak en diere is deel van die bedryf; ons ontken dit nie en maak nie verskoning daarvoor nie."
Oor die diere wat in aanhouding geteel is, sê Herman hulle kan nie in die wildernis vrygelaat word en 'n idilliese lewe lei nie.
Sy sê baie mense verbind sirkusse met olifante en narre, maar hulle ignoreer die feit dat die meeste kinders hul eerste indrukke van die grootte en blote teenwoordigheid van hierdie diere deur die medium van 'n sirkus kry.
"Olifante is nie meer deel van die McLaren-sirkus nie, want hulle verteenwoordig tropdiere, dieselfde met katspesies, maar ons katspesies is deel van ons familie en ons het die verantwoordelikheid om na hulle om te sien."
Herman sê diereregteaktiviste se menings word gerespekteer, "maar ons sal voortgaan om met ons diere op te tree en as beskermers vir hulle te sorg".

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie