Nagmerrie het nie brieke
Bykans 37% minder nuwe voertuie is verlede maand in Namibië verkoop as in April 2016.
Jo-Maré Duddy - April se verkoopsyfers van nuwe voertuie in Namibië wys opnuut net hoe pap die ekonomie se wiele is: Die 946 nuwe waens wat uit vertoonlokale getrek is, is 456 minder as in Maart en 549 minder as in April 2016.
Verkoopsyfers vir die eerste vier maande van vanjaar is die laagste sedert 2011, sê IJG Securities. Die 4 409 nuwe voertuie wat van die hand gesit is, is 1 368 minder as in die ooreenstemmende tydperk verlede jaar. Altesaam 516 nuwe passasiersmotors minder is van Januarie tot April teenoor dieselfde tydperk in 2016 verkoop, terwyl ligte kommersiële syfers met 789 geval het.
Vir die 12 maande tot einde April 2017 het totale verkoopsyfers van nuwe voertuie met 15% teenoor die ooreenstemmende tydperk in 2016 getuimel.
Volgens IJG krimp verkope van nuwe voertuie sedert die middel van 2015 op 'n jaargrondslag in.
Die Bank of Namibia (BoN) se siklus van rentekoersverhogings wat in Junie 2014 begin het, tesame met die trae ekonomie het verbruikers se sakke geruk. Boonop het kredietwetwysigings in Augustus verlede jaar dit vir verbruikers moeiliker gemaak om motors op skuld te koop. Die regering se geldsake en gevolglike drastiese besnoeiing op onder meer voertuigaankope, het ook sy tol geëis.
In sy reaksie op die jongste statistiek sê Namibia Equity Brokers (NEB) verkoopsyfers kan vanaf volgende maand nóg verder versleg. NEB verwys na Econometrix se verwagting dat die rand in Junie en daarna gaan verswak en teen jaareinde teen sowat R14 teenoor die Amerikaanse dollar gaan verhandel. Dit sal motorpryse verhoog, wat vraag verder gaan demp, meen NEB.
Die jongste inflasiesyfers van die Namibië Statistiekagentskap (NSA) toon die jaarkoers vir voertuigpryse in April was 8,2% vergeleke met 6,9% die vorige maand. In April 2016 was dié koers 7,2%.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie