Nagmerrierit met pa se oorskot agterop bakkie
Nóg die polisie, nóg die staat se ambulans was bereid om 'n man se oorskot by sy huis te gaan haal waar hy aan Covid-19 gesterf het.
Henriette Lamprecht – 'n Vrou wie se pa op Okahandja tuis aan Covid-19 gesterf het, moes noodgedwonge met haar pa se lyk agterop hul bakkie met 'n laken toegegooi en vol ys gepak met noodligte etlike ure later na Windhoek jaag om hom hier by 'n lykhuis te kry.
Sy het die oproep omstreeks 06:00 gekry dat haar pa gesterf het. Eers teen 16:00 kon sy uiteindelik plek in die lykhuis kry nadat 'n barmhartige samaritaan hulp aangebied het. Die lykhuis op Okahandja was vol en die vrou wat verkies om anoniem te bly, is vir etlike ure van bakboord na stuurboord gestuur omdat nóg die staatshospitaal op die dorp nóg die polisie haar pa se oorskot tuis wou gaan haal.
Volgens Marie (skuilnaam) was beide haar pa en ma positief. Nadat Marie die oproep 06:00 gekry het dat haar pa gesterf het, het sy onmiddellik 'n private ambulansdiens en noodnommer gebel wat nie kon help nie, weens die streng protokol wat gevolg moet word volgens staatsregulasies in Covid-19-sterfgevalle.
“Ek het die staatshospitaal gebel en hul antwoord was 'die ambulans is nie daar vir dooie mense nie', ek moet die polisie bel. My pa moes ook eers dood verklaar word.”
'n Private begrafnisondernemer wou ook glo glad nie help nie.
“My ma is ook positief en ek moet myself en my man beskerm. Daar is letterlik niemand wat wil help om net my pa se lyk te verwyder nie.”
Volgens Marie het sy “seker dertig oproepe” gemaak om vir hulp te smeek.
“Ek sit met 'n Covid-lyk by die huis, maar almal stuur my rond. Ek wil net die 'kit' kry en sal alles self doen, maar niemand, letterlik niemand, wil help nie.”
Volgens Marie het sy later self na die staatshospitaal toe gery nadat die Covid-span haar oproepe nie meer beantwoord het nie. 'n Suster het haar na die matrone geneem, wat glo aan haar gesê het: “Dis nie ons probleem nie; hardloop na die hoof van die polisie toe net soos wat jy na my toe gehardloop het”.
“Ek het gesmeek dat hulle my net help met 'n 'body bag' en PPE's. Die matrone se antwoord was 'I will give you nothing' en volgens haar was dit 'n polisiegeval.”
'n Polisiekonstabel vir wie sy by die polisiestasie om hulp genader het, het gesê hy het nie krediet op sy foon of vervoer nie; as sy vir hom krediet gee, sal hy weer die Covid-span se verpleegster bel en vir haar die “guns” doen.
Volgens Marie was die Covid-hoofverpleegster se antwoord eers “ons gaan nie daar in nie”. Laasgenoemde het egter later ingestem om saam te kom na die huis toe, met twee mans en vier PPE-stelle. 'n Draagbaar en vervoer van die lyk was nie deel van die pakket nie.
“My man, wat geen opleiding fisies of emosioneel vir so 'n taak het nie, moes saam in die huis gaan en met die bergingsproses help. My pa is in drie 'body bags' toegedraai en op ons werksbakkie geplaas en met 'n laken toegegooi.”
Die nagmerrie het egter ure lank voortgeduur, terwyl hulle noodgedwonge heeltyd by die staatshospitaal moes bly. Marie moes steeds rondbel vir 'n lykhuis wat plek het vir haar pa se oorskot wat steeds agterop hul bakkie was.
“Ek het later 70 sakke ys by 'n vulstasie gaan koop om dit bo-op hom te plaas. Soos ons by die staatshospitaal gewag en gebel en na 'n plek gesoek het, het ons die bakkie maar van skadukol tot skadukol geskuif.” Volgens Marie het sy in 'n stadium oorweeg om haar pa eenvoudig op die familie se plaas te gaan begrawe.
“Ek het al uit moedeloosheid en desperaatheid begin bel vir 'excavators'.”
Sy moes intussen ook 'n doodsertifikaat kry by binnelandse sake se kantoor, wat tussen 13:00 en 14:00 gesluit was en waar sy noodgedwonge opnuut in 'n ry moes wag.
Marie is vol lof vir “die engel Elizabeth” by Windhoek se staatslykhuis wat laat weet het hulle kan haar pa bring voor sy 16:00 huis toe gaan.
“Tien oor drie het ek die doodsertifikaat gehad, toe jaag ek en my man met noodligte en teen 180 km/h Windhoek toe om hom betyds daar te kry, want ons grootste vrees was dat as ons daar aankom, was die oop plek weer gevul.”
Volgens Marie is niemand – van die hospitaal tot die polisie – toegerus om die huidige toename in sterftes te hanteer nie.
“In Windhoek was daar nie petrol vir die lykshuis se bakkie nie en die petrolkaart het nie geld op gehad om lyke te kan gaan haal nie. Volgens Elizabeth was ons baie gelukkig om vir my pa 'n plek te kry.”
– [email protected]
FOTO
Die toestand van die staatslykhuis in Windhoek waar lyke tot in gange lê. FOTO VERSKAF

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie