Nagwaak vir Kanadese hokkiespelers gehou
Die Kanadese plattelandse dorp Humboldt in die provinsie Saskatchewan se hokkiegemeenskap het Sondag troos gevind by die hartsplek van die dorp – die yshokkiebaan.
Die BBC News berig dat roubeklaers bymekaar gekom het vir ’n aand van gebed en gesange ter herinnering aan die Humboldt Broncos-yshokkiespelers en lede van hul afrigtingspan wat Vrydag dood is nadat hul bus en ’n vragmotor op die hoofweg, noord van Tisdale, in ’n ongeluk betrokke was. Die span was onderweg na Nipawin om ’n wedstryd te speel.
Justin Trudeau, premier van Kanada, het saam met die familie van die Broncos-spelers die nagwaak bygewoon.
Tien hokkiespelers tussen die ouderdom van 16 en 21 jaar is in die ongeluk dood insluitende die kaptein Logan Schatz. Die ander vyf oorledenes sluit in die hoofafrigter, Darcy Haugan, en die busbestuurder.
Die vragmotorbestuurder is ongedeerd.
Baie van die roubeklaers was geklee in groen-en-geel truie van die Broncos-span. Die BBC berig dat daar nie genoeg plek by die yshokkiebaan vir al die roubeklaers was nie en dat mense ook by die aangrense baan en hoërskool byeengekom het.
’n Minuut van stilte is om 19:00 tyd gehou wanneer die Broncos hul eerste wedstryd sou speel, berig CBC.
“Ek het op ’n toneel aangekom wat ek nooit weer wil sien nie, geluide wat ek nooit weer wil hoor nie,” het past. Sean Brandow in trane gesê.
Hy sê hy is daarna na die hospitaal waar hy net kreune, paniek, vrees, pyn en ongemak teëgekom het.
Brandow sê dat gebed en skriflesing hom deur die laaste 48 uur gehelp het. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie