Nam wil nie lesse leer
Dani Booysen - Die afgelope langnaweek se hernude slagting op Namibiese paaie bewys opnuut onomwonde dat ingrypings om hierdie bloedvergieting drasties te verminder nie noemenswaardige vrugte afwerp nie.
Harde woorde deur ministers en generaals het waarskynlik min impak en is stemme wat maar net in die groter geroesemoes verdwyn.
Teen gister het die dodetal vir die langnaweek reeds op meer as 30 lewens gestaan.
Om aan te voer indien 15 mense nie in een ongeluk op die berugte pad tussen Okahandja en Otjiwarongo gesterf het nie, dit nie so “sleg” gegaan het nie, is 'n drogredenasie.
Die heengaan van een van die land se mees belowende jong fietsryers, Costa Seibeb, het hopelik gehelp om die sout wat almal moet voel, dieper in die wonde te vryf. Beskikbare inligting oor hierdie ongeluk is deel van die groter tragiek.
Hoeveel nasionale indaba's het al oor verkeersveiligheid plaasgevind? En hoeveel is bereik?
Die ongelukkige werklikheid is blykbaar dat die gemiddelde inwoner of die meerderheid van burgers nie uit grulesse wil leer nie.
Die wêreld se padblokkades gaan min help as daar nie doeltreffende polisiëring op roetes self is nie. Talle persone kla dat klagtes wat by padblokkades of deur middel van ander platforms aangegee word nie reaksie ontlok nie.
Grafiese skoktegnieke is volgens sommige nie altyd doeltreffend nie, maar wat anders?
Watter kombinasie van oplossings ookal nodig is, die harde werklikheid is dat min sal verander indien almal nie die nodige respek en eerbied aan hulself, mekaar en die wet betoon nie.
So sê ander
2 Mei 2017
Donald Trump Embraces Another Despot
For the most part American presidents, Republican and Democratic, have believed that the United States should provide a moral compass to the world.
Like so much else under President Trump, this idea has now been turned on its head and people are worried about the very survival of the values on which America built its reputation. The latest example is Mr Trump's decision to invite Rodrigo Duterte, the president of the Philippines, to the White House.
What is not in any doubt is Mr Trump's own authoritarian tendencies and his fondness for other strongman leaders.
American presidents must work with foreign leaders of all kinds to advance the national interest. But Mr Trump erodes America's reputation when he uncritically embraces those who show the least regard for human rights, rule of law and democracy.
• THE NEW YORK TIMES

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie