Nama tradisionele owerhede moet saamstaan
Erkenning deur die regering nie die belangrikste saak nie
Catherine Sasman – Werkloosheid, armoede en die gevolglike maatskaplike probleme moet die aandag van alle Nama tradisionele owerhede geniet eerder as om erkenning van dié instellings deur die regering as ’n toonbeeldvan doeltreffendheid te gebruik.
Hierdie mening is deur hoofman Dawid Gertze van die //Hawoben tradisionele owerheid uitgespreek tydens ’n kultuurfees wat in Junie op Blouwes in die Keetmanshoop-omgewing plaasgevind het.
“Tradisionele leiers wat deur die regering erken word, het die houding dat hulle nie met ander wil werk nie en sonder hulself van ander af, hoewel ons dieselfde sake van die Nama moet bedien. Daar sal nooit eenheid onder stamgroepe wees nie. Erkenning kan nie die belangrikste saak wees nie,” het Gertze gesê.
Die regering het die erkenning van die //Hawoben opgeskort weens ’n leierskapdispuut wat nog uitgeklaar moet word. Gertze sê die regering het homself nog nie oor hierdie kwessie uitgespreek nie. “Tog is die oplossing nie so moeilik nie,” meen hy.
Gertze beweer dat die erkende “sogenaamde” Blouwes tradisionele owerheid, geen kiesafdeling het waarvan dit bestuur word nie en dat dit daarom geen regstatus geniet nie.
In sy opmerkings by die kultuurfees, het kapt. Petrus Kooper van die Kai //Khaun tradisionele owerheid gesê hoewel die uitwissingsbevel van die Duitse koloniale magte teen die Herero’s wêreldbekend is, is dit die Nama, en in besonder die //Hawoben-stamgroep, wat ’n langer stryd teen die Duitsers gevoer het.
Hy het anti-koloniale helde soos Jan Hendriks, Manase !Noroseb, Hendrik Witbooi en Jakob Marengo genoem wat in gevegte teen die Duitsers gesneuwel het.
“As nasate moet ons ons verhaal so objektief moontlik by kultuurfeeste vertel. Ons moet egter nie in die verlede leef nie. Ons moet inspirasie uit ons geskiedenis trek en lesse leer om ’n toekoms van voorspoed, vrede en vooruitgaan te verseker,” het Kooper gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie