Nama-velskoene is bobaas
Nama-velskoene is bobaas

Nama-velskoene is bobaas

Dié skoenmaker hou hom by sy lees en in sy leerwinkel op Mariental.
Tanja Bause
Tanja Bause – Die Marientalse skoenmaker mnr. Benson Babish het in Windhoek by sy huis begin om skoene reg te maak.

Elf jaar gelede is sy vrou egter Mariental toe verplaas en het hy Benesta Leather Works and Shoe Repair daar begin.

“My vrou se naam is Ernesta en ek is Benson. Ons kind se naam is Benesta en ons het die besigheid na hom en ons twee vernoem,” sê hy.

Volgens hom kon hy in Windhoek net op sy inkomste uit herstelwerk oorleef omdat daar baie meer mense is. In Mariental het die prentjie egter anders gelyk en het hy vinnig geleer om skoene te maak. Hy maak ook gordels, selfoonsakkies, handsakke en hoede uit leer.

“Ek het ook al bestellings gekry van mense wat broeke, onderbaadjies en baadjies van springbokvel soek.”

Die gewildste produk is sy Nama-velskoene.

“Dit is nie ’n gewone velskoen nie. Dit word van verskillende tipes leer en verskillende kleure gemaak. Dit lyk soos die Nama-rokke of komberse wat ook uit verskillende soorte lap gemaak is. Dit is baie gewild onder die mense en ek hou daarvan om dit te maak omdat elke paar uniek is.”

Babish kan enige grootte skoen maak en neem graag bestellings. Die velskoene word dikwels gekoop en Suid-Afrika toe geneem. Sy plakkies is ewe gewild. Dit is 100% Namibiese handgemaakte produkte.

“Aan die begin van die jaar het ek ’n groot terugslag gehad toe daar twee keer by my onderneming ingebreek is. Die diewe het items ter waarde van N$30 000 gesteel. Dit het my moedeloos gemaak, want ek probeer om ’n beter lewe vir my gesin te maak terwyl diewe net inkom en steel en verwoes.”

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!