Namaf toenemend voorskriftelik, sê forum
Namaf het sedert sy ontstaan in 1995 nog geen reëls opgestel om die optrede van mediese fondse te beheer nie.
Henriette Lamprecht – Vier uit vyf private diensverskaffers van gesondheidsdienste in Namibië wat aan ’n onlangse peiling deur die Namibiese Private Praktisynsforum (NPPF) deelgeneem het, is bekommerd oor die Vereniging van Namibiese Mediese Fondse (Namaf) se “toenemende voorskriftelike gedrag”, met die helfte wat Namaf se vasstelling van standaardkodes en -tariewe as ’n “skande en moontlik onwettig” beskou. Eise van die staat se mediese fonds (Psemas) word op Namaf-tariewe van ses jaar gelede (2014) uitbetaal.
Volgens mnr. Eben de Klerk het ’n regsopinie wat deur die NPPF ingewin is, getoon ’n grondwetlike uitdaging van die standaardtariewe sal bes moontlik suksesvol wees.
“Omdat dit nie sonder voldoende finansiering kan begin nie, ondersoek ons alternatiewe maniere om die probleem te takel. Dit sluit in om die eintlike finansiers, die werkgewergroepskemas, te nader. Dit word aanvaar min van dié werkgewers is bewus van hoe Namaf aan mediese fondse voorskryf en hoe dit uiteindelik ’n invloed op die verskaffing van gehaltediens aan lede het,” sê De Klerk.
Volgens hom is dit ironies sou diensverskaffers in die toekoms verminder, kostes die hoogte gaan inskiet en die huidige beleidsmakers wat tans net oor koste gepla is, sal blameer word en alle onderhandelingsmag verloor om pryse te beheer.
“Teen dan sal dit verskeie dekades en drastiese beleidsmaatreëls verg om net die verskaffing in die bedryf te herstel en toegang tot gehaltegesondheidsorg te normaliseer,” sê De Klerk.
Slegs 8% van die respondent glo hulle geniet wetlike beskerming met betrekking tot regulering wanneer mediese fondse hulle onregverdig behandel. Meer as 20% is van mening hulle geniet geen wetlike beskerming in dié verband nie.
Hy verwys na ’n geval van onregverdige behandeling deur ’n mediese fonds wat beduidende skade aan die betrokke diensverskaffer berokken het. In dié geval het Namaf “kategories ontken” dat dit ’n regulerende beskermer van diensverskaffers is. Die verskaffer is verwys na dieselfde fonds teen wie die klagte was.
“Namaf het ook erken dit het sedert sy ontstaan in 1995 nog geen reëls opgestel om die optrede van mediese fondse te beheer en soos wat sy funksie onder afdeling 18 van die wet vir mediese fondse voorskryf nie.”
Dit wek volgens hom kommer omdat dit al hoe duideliker word dat Namaf, bestuur deur verteenwoordigers van mediese fondse, meer belang stel in die regulering van diensverskaffers, as om mediese fondse te reguleer wat sy eintlike wetlike mandaat is.
Met verwysing na Psemas het die peiling gewys verskaffers wat gekies het om nie hul kontrakte met die staat se mediese fonds te hernu nie, het met 6% teenoor verlede jaar afgeneem. Volgens die peiling is 73% van die respondente nog by Psemas ingekontrakteer teenoor verlede jaar se 79%. Die grootste rede was Namaf se standaardtariewe van 2014 wat steeds uitbetaal word.
Net 54% van respondente sê hulle sal met die huidige kontrak en standaardtariewe volgende jaar hul kontrakte met Psemas hernu. Sou dit realiseer, gaan toegang tot die private gesondheidsektor vir Psemas-lede aansienlik krimp, sê De Klerk.
Volgens die opname het 32% gesê die uitbetaling van die voorgeskrewe tariewe is onvolhoubaar.
Byna 30% van respondente is ook “uiters bekommerd” dat mediese fondse toenemend voorskriftelik raak oor hoe hulle moet praktiseer en kliniese diskresie aan die dag moet lê.
Sowat 20% beskryf die mediese fondsbedryf as ’n “geldmaakmasjien” wat weinig omgee oor die lede van fondse of die gehalte van die gesondheidsdienste wat hulle ontvang. Byna die helfte sê mediese fondse dien een of ander doel, maar strem terselftertyd die voorsiening van gehaltegesondheidsorg aan lede.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie