Namas, Hererou2019s woedend oor u2018diplomatieke voorvalu2019
Namas, Hererou2019s woedend oor u2018diplomatieke voorvalu2019

Namas, Herero’s woedend oor ‘diplomatieke voorval’

Die groepe sê samesprekinge tussen die Duitse en Namibiese regerings oor die volksmoord vanaf 1904 tot 1908 moet gestaak word.
Catherine Sasman
Catherine Sasman - Die Nama tegniese komitee oor koloniale volksmoord en die Ovaherero volksmoordstigting eis dat die Duitse ambassadeur in Namibië, mnr. Christian Schlaga, en die spesiale gesant belas met gesprekke oor die volksmoord vanaf 1904 tot 1908, mnr. Ruprecht Polenz, herroep moet word.

“Ons het vertroue in albei verloor,” het die voorsitter van die Nama-komitee, me. Ida Hoffmann, gesê ná ‘n “diplomatieke voorval” wat onlangs by die Duitse ambassade plaasgevind het.

Volgens die Nama- en Ovaherero-komitee het Schlaga en Polenz ‘n afvaardiging gelei deur Hoffmann in die ambassade se kantoor “gyselaar gehou”.

Hoffmann het Donderdag gesê sy en haar afvaardiging was fisies deur Schlaga verhinder om die raadsaal te verlaat waar hulle met Polenz vergader het.

“Hy (Schlaga) het die deur toegemaak en gesê ‘julle sal nie hier uitgaan nie’,” het Hoffmann gesê.

Die afvaardiging wou die vergadering verlaat nadat Polenz glo gesê het dat die volksmoord van die Nama- en Ovaherero-volk nie met die Joodse slagting vergelyk kan word nie.

Die Namas en Ovaherero''s sê Polenz se uitlating is ‘n teken van “blatante rassisme”, onsensitief, arrogant en uiters beledigend.

Die groepe sê Polenz en Schlaga kan nie toevertrou word met die sensitiewe onderhandelinge oor die volksmoordkwessie nie.

Die Duitse ambassade het vroeër in ‘n verklaring gesê dat Polenz die Duitse standpunt herbevestig het dat ernstige wreedhede en misdade deur die koloniale bewind gedurende 1904 en 1908 uitgevoer was en dat, sou dit vandag plaasgevind het, dit as volksmoord beskou kon word.

Dit het ook ontken dat die Nama- en Ovaherero-afvaardiging verbied was om die ambassade te verlaat en sê Schlaga het bloot vir hulle ingelig het dat hulle nie onbegelei op die ambassade-perseel kan rondbeweeg nie.

WAAR DIE PROBLEEM GLO BEGIN HET

Volgens Hoffmann het dinge begin verkeerd geloop toe sy ‘n verklaring van die twee groepe aan Polenz voorgelees het.

In dié verklaring dring die groepe aan dat hulle direkte verteenwoordiging in die volksmoord-onderhandelinge moet hê en dat die Namibiese regering slegs as ‘n bemiddelaar in die samesprekings moet optree.

Hulle sê enige weiering daarvan is strydig met die mosie vir drieparty-onderhandelinge wat eenparig in 2006 deur die parlement aanvaar is, sowel as ‘n aantal internasionale verdrae wat die Namibiese regering bekragtig is.

Die groepe sê die onderhandelinge wat tans tussen die Duitse en Namibiese regerings plaasvind, is “minagtend” teenoor die Nama- en Ovaherero-volk en is ‘n bespotting van pogings om ‘n blywende en regstellende oplossing te vind.

Hulle het ‘n beroep op die Namibiese en Duitse regerings gedoen om onmiddellik die bilaterale onderhandelinge oor die volksmoord te staak en om te begin met drieparty-onderhandelinge waar die Namas en Ovaherero''s direk betrokke is.

''HOU JUL PAKKETTE''

Polenz het blykbaar aan die groepe by die vergadering gesê dat die Duitse regering “groot en klein pakkette” beskikbaar sal stel.

“Ons stel nie belang nie, want ons moet praat oor die inhoud,” het mnr. Pieter Dawid, lid van die Nama-komitee, gesê.

Hy het gesê van belang vir die groepe is grondhervorming wat hulle sê geteikende hervestiging moet meebring vir diegene wat grond in koloniale en apartheidsjare verloor het.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!