'Namas moet opstaan'
Die hoof van 'n tradisionele owerheid vra steun om die Nama-volk se lot te verbeter.
Die hoof van die /Hai-/Khaua- tradisionele owerheid, mnr. Johannes Isaak, het die Nama-gemeenskap onlangs gevra om saam te staan en onderlinge bande te versterk om te verseker dié gemeenskap raak selfstandig.
Hy het gesê as Namas nie verantwoordelikheid vir hulself neem nie sal niks verander nie – onafhanklikheid is elke individu se eie verantwoordelikheid.
Isaak het die gemeenskap Saterdag by die agtste jaarlikse /Hai-/Khaua-fees op Berseba toegespreek.
“Ons visie vir onsself is om na voortdurende sosioëkonomiese herskepping te streef,” het hy gesê.
“Ons kan nie vir ander wag om ons welstand te bevorder nie, dit is ons verantwoordelikheid. Dit is duidelik verandering kan nie sonder opvoeding plaasvind nie, dus vra ek die jeug om weg te bly van gewoontes wat maatskaplike agteruitgang veroorsaak. Kom ons staan op en bedek onsself met waardigheid en eer,” het hy gesê.
Die /Hai-/Khaua-gemeenskap het 'n beroep op die sakegemeenskap en maatskappye in die ||Kharasstreek, “die voorspoedige land van die Nama-voorvaders”, gedoen om vinnige sosioëkonomiese verandering te help teweegbring.
“Ons het jul ondersteuning nodig, dié wat in hierdie ryk land, bekend as die grootse ||Kharasstreek, werk. Julle moet in die groei van die mense hier herbelê. Ons vra regeringsinstansies en semistaatsondernemings vir doelbewuste en deurslaggewende ondersteuning van hierdie edele poging tot vooruitgang,” het hy gesê.
Volgens die kaptein vra die gemeenskap dié steun na aanleiding van 'n kabinetsbesluit, wat geneem is toe oudpresident Hifikepunye Pohamba nog aan bewind was, om die lot van die mense in die Suide aan te spreek.
“Ek wil weer eens sê die werklikheid op voetsoolvlak bewys armoede heers steeds, asook werkloosheid, en die maatskaplike omstandighede van ons gemeenskappe verswak voortdurend,” het Isaak gesê.
Hy het gesê die eerste fase van die Neckartaldam-projek het geen noemenswaardige herbelegging in die gemeenskap tot gevolg gehad nie.
Hy het die regering aangemoedig om die begin van die tweede fase en die projek se besproeiingskema aan te moedig.
“Plaaslike inwoners moet voorkeur geniet wat werksgeleenthede betref – nie net as werkers nie, maar ook as eienaars van die besproeiingsplotte. Ons gemeenskappe is van bestaansboerdery afhanklik vir voedselsekuriteit, maar die huidige droogte wek groter kommer. Ons versoek dringende ingryping en droogteverligting,” het hy gesê.
Isaak het ook gesê die Nama-volk kan en sal nie dat die volksmoordkwessie hulle terughou nie, omdat dit die werk van hul voorvaders sou “verloën”. – Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie