Namas vier fees
Spreker ná spreker het beklemtoon die Nama-gemeenskap moet hul kultuur, identiteit en taal omarm.
Jemima Beukes op Keetmanshoop - Sowat 2 000 mense het die tweede jaarlikse Nama-fees op Keetmanshoop bygewoon.
Die plaaslike fees spruit uit die Nama-fees wat elke jaar in Botswana plaasvind.
Daar was kosstalletjies, tuisgemaakte produkte, kuns- en handwerkstalletjies, en die plaaslike medisyneman, mnr. Christian Uth, se kultuurdorpie.
Uth is ook ’n plaaslike skoenmaker en leerlooier wat velskoene uit skaap- en bokleer maak.
“Dit is belangrik dat ons ons kultuur en medisyne bewaar, anders bevind ons onsself in ’n situasie waar Amerikaners en Europeërs dit by ons kom vat en dit aan ons verkoop – dan het ons niks om ’n lewe van te maak nie,” het Uth gewaarsku.
Spreker ná spreker het beklemtoon die Nama-gemeenskap moet hul kultuur, identiteit en taal, Khoekhoegowab, omarm.
Die minister van onderwys, kuns en kultuur, me. Katrina Hanse-Himarwa, het gesê sy vrees die Nama-gemeenskap respekteer en bewaar hul moedertaal nie genoeg nie.
“Kulturele uitwissing staar ons in die gesig as ons nie ernstig oor die bewaring van ons kultuur is nie. Ons kultuur is belangrik vir ons kinders en ons nasie se toekoms, want dit verseker ’n geskiedenis - ’n verlede, hede en beslis ’n toekoms,” het sy gesê.
“Een van die belangrikste kultuurkenmerke is taal. Ek is bevrees ons taal kry nie die aandag wat dit van ons verdien nie. Ons moedig nie ons kinders en kleinkinders aan om ons taal te praat, lees en skryf nie.”
Die minister het gesê dit is noodsaaklik dat kinders leer hoe belangrik kulturele norme en waardes is.
Hanse-Himarwa het bygevoeg hoewel die Nama-gemeenskap sy inheemse kulturele identiteit moet omarm, is dit net so belangrik om interaksie met ander kultuurgroepe te hê.
“Ons is eerstens Namibiërs voor ons Nama, Damara, Ovaherero, ensovoorts is. Ek moedig julle aan om van ander kulturele groepe te leer en hulle by ons, ter wille van eenheid in verskeidenheid. Eenheid in afsondering en eenheid in onsself dien geen doel nie, want ons lewe binne samelewings – plaaslik en internasionaal,” het sy gesê.
Hoofman Petrus Kooper van die Nama- Tradisionele Leiersvereniging het gesê hul taal is ’n integrale deel van hul kultuur en daarsonder het die gemeenskap nie eerbaarheid nie.
Hy meen die Universiteit van Kaapstad se onlangse aankondiging dat die Nama-taal binnekort as vak aangebied gaan word, is wonderlike nuus.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie