Nambiese hoender vry van diereprodukte
NPI gebruik net plantvoere
Hoender wat deur Namib Pountry Industries (NPI) geproduseer word, is vry van diere-afvalprodukte aangesien die voer nie vleis, bene, bloed, vere of ander diereprodukte bevat nie.
NPI sê in ‘n verklaring die gebruik van diere-afvalprodukte in hoendervoer is algemene praktyk in die braaikuikenbedryf dwarsoor die wêreld. Die berekening is dat 36% van die voer wat braaikuikens in Amerika eet, sodanige produkte bevat.
Beide Suid-Afrika en Brasilië, wat hoender na Namibië uitvoer, gebruik dié produkte in voer by hul aanlegte.
Die rede vir die gebruik van hierdie byprodukte is om die koste van hoendervoer te verminder, sê NPI.
Volgens mnr. Jaco Labuschagne, hoofbestuurder van Feedmaster, gebruik dié voervervaardiger nie afvalprodukte van diere wanneer hy sy wye reeks vee-, hoender- en ander voere saamstel nie.
Mnr. Louis Kleynhans, plaasbestuurder by NPI, sê dié braaikuikenbedryf is nog jonk, maar volg nie blindelings die gebruike by aanlegte in Suid-Afrika nie. “Kannibalisme, of die gebruik van byprodukte van dieselfde spesie in die voer, is nie net internasionaal onaanvaarbaar nie, maar hou ook ernstige risiko’s in.”
Die bakterieë in dierevoere wat hierdie tipe byprodukte bevat, sluit Salmonella en E. coli asook antibiotika-bestande kieme in.
Daarteenoor, sê die NPI, toon navorsing dat plantgebaseerde voere soos wat by dié aanleg gevoer word, bydrae tot die sukses van produksie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie