Namcol hersien strategie vir graad 12-leerplan
Namcol hersien strategie vir graad 12-leerplan

Namcol hersien strategie vir graad 12-leerplan

NAMPA
Die Namibiese Kollege vir Afstandsonderrig (Namcol) het sy strategie vir inskrywings hersien om die toenemende versoeke vir plasing vir die ou graad 12-leerplan te akkommodeer wat vanjaar vir die laaste keer aangebied word.
Namcol se direkteur, mnr. Heroldt Murangi, sê die kollege het binne vier dae vandat die inskrywingsproses afgeskop het, ’n tekort aan graad 12-leermateriaal gehad.

“Ons het ons strategie vir die jaar hersien en moes bykomende materiaal vir leerlinge in graad 12 druk waar die aanvraag nou ons hulpbronne oorskry,” het Murangi gesê. Volgens hom het die kollege minder inskrywings in die finale jaar van die ou leerplan verwag.

Die ministerie van onderwys, kuns en kultuur het N$4 miljoen vir die druk van bykomende materiaal vir die ou leerplan vir vanjaar begroot. Dit is ’n beraamde 30% verhoging in die nuwe druk van materiaal vir tien vakke en wat insluit rekeningkunde, landbou, Engels, ekonomie, ontwikkelingstudies, wiskunde, fisiese wetenskap, sakestudies en geskiedenis. Dit sal lei tot sowat 49 000 studiepakette wat beskikbaar is vir ’n bykomende 20 000 leerlinge by Namcol-sentrums oraloor in die land.

“Die kollege het begroot vir ’n scenario waar die boeke nie genoeg mag wees nie en het ’n opsie vir selfstudie bekendgestel wat net sal begin wanneer al die materiaal op is. Onder hierdie opsie sal leerlinge sagte kopieë van die materiaal ontvang en minder vir inskrywings betaal,” het Murangi gesê.

Hy het beklemtoon registrsie gaan voort ten spyte van die tekort aan gedrukte materiaal. Leerlinge sal toegelaat word om sonder materiaal te registreer. Wanneer die gedrukte materiaal beskikbaar is, sal hulle die studiemateriaal ontvang en voortgaan met hul akademiese aktiwiteite. Die plan volgens hom is dat alle leerlinge teen 31 Maart vanjaar hul materiaal ontvang het.

Namcol bied vanjaar die ou graad 12-leerplan saam met die nuwe graad 11-leerplan aan om leerlinge te akkommodeer wat die ou graad 12-leerplan wil voltooi voordat dit uitfasseer word. Die nuwe leerplan word geleidelik in formele skole bekendgestel. - Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-11-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 36° Rundu: 24° | 34° Eenhana: 21° | 36° Oshakati: 22° | 36° Ruacana: 19° | 36° Tsumeb: 24° | 37° Otjiwarongo: 19° | 35° Omaruru: 18° | 36° Windhoek: 18° | 32° Gobabis: 17° | 32° Henties Bay: 14° | 20° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 14° | 30° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 13° | 29° Ariamsvlei: 14° | 30° Oranjemund: 12° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 17° | 32° Lubumbashi: 17° | 25° Mbabane: 12° | 19° Maseru: 9° | 20° Antananarivo: 18° | 30° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 20° | 25° Windhoek: 18° | 32° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 25° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 21° Harare: 18° | 26° #REF! #REF!