Namcol kry 47% minder
Namcol kry 47% minder

Namcol kry 47% minder

Maria Eiseb
Maria Eiseb - Die Namibiese Kollege vir Af­stand­onderrig (Namcol) se finansiële hulp van die regering vir die huidige finansiële jaar het met 47% gedaal.
Volgens mnr. Heroldt Murangi, direkteur van die instituut, kry Namcol gewoonlik ongeveer N$151 miljoen, maar het die kollege vir die huidige finansiële jaar slegs sowat N$84 miljoen ontvang.
Murangi was aan die woord by 'n ­mediakonferensie in die hoofstad waartydens 'n nuwe rekenaar­program vir studente, veranderinge aan ­ondersteuningsdienste sowel as nuwe programme vir die toekoms bekend gemaak is.
Een van die maatreëls wat Namcol volgens Murangi gaan gebruik om inkomste te genereer, is om studiegidse aan die ministerie van onderwys, kuns en kultuur te verkoop wat dit op hul beurt vir sekondêre skole sal aankoop, het Murangi gesê.
Volgens hom het die bywoning van klasse onder studente die afgelope paar jaar verswak.
Klasse gaan nou ook van vyf na drie dae per week verminder word.
“Die meeste van die studente woon net drie dae per week die klasse by terwyl hulle verplig is om die hele week se klasse by te woon,” het Murangi gesê.
Mnr. Justin Ellis, voorsitter van die Namcol-raad, het by dieselfde geleentheid gesê die kollege fokus op jeugopleiding en daarom is die ondersteuning van jongmense ook 'n prioriteit vir die regering.
“Ons is nie 'n instelling wat geld leen nie en ons sal ook nie geld leen nie,” het Ellis gesê.
Volgens Ellis is hulle bekommerd oor ekonomiese beperkinge wat in die toekoms erger gaan word, maar is die kollege steeds deel van die regering se poging om onderrig te voorsien.
Murangi het gesê studente by die kollege word nie veel deur veranderinge geraak nie, en bly steeds hul prioriteit.
Hy wou hom egter nie uitlaat oor werknemers se salarisse wat moont­lik geraak sal word nie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!