Namcor moet sê oor entstowwe
Werknemers van die Namibiese Petroleumkorporasie asook lede van die Namibiese Werkersunie soek voor 5 November antwoorde oor Covid-19-entstowwe van hul werkgewer.
Henriette Lamprecht – Bevat die voorgestelde entstof teen Covid-19 eksperimentele mRNA wat gene verander? Is enige van die middele giftig vir mense? En verduidelik waarom 'n entstof vir die siekte wat in 2020 ontwikkel is, doeltreffend is in die voorkoming van ten minste vyf mutasies van die virus wat die siekte veroorsaak?
Dis van die antwoorde wat werknemers van die Namibiese Petroleumkorporasie van Namibië (Namcor) asook lede van die Namibiese Werkersunie (NUNW) van hul werkgewer voor 5 November verwag.
Die vrae is vervat in 'n brief van die unie se regspan, Metcalfe Beukes, in reaksie op Namcor se vereiste dat sy werkers hulself voor 19 November teen Covid-19 moet laat inent.
Die regspan wil ook weet watter entstof is Namcor se voorkeur; wat is die wetlike status daarvan in Namibië; aanvaar die vervaardigers volle verantwoordelikheid vir die veilige gebruik daarvan; is dit ten volle getoets en wat is die bestanddele van die entstof.
Metcalfe Beukes het die maatskappy opdrag gegee om teen 5 November op 'n lys geskrewe vrae te antwoord, tesame met die aanvaarding van volle regs- en finansiële aanspreeklikheid vir enige besering, swak gesondheid, verlies en/of sterfte sou werkers tot die inenting instem.
Metcalfe Beukes beskuldig Namcor in sy skrywe van teenstrydige verklarings deurdat die maatskappy eers sê geen stappe sal teen dié gedoen word wat hulself nie laat inent nie, maar in dieselfde asem maan om dit te laat doen om “verdere optrede te vermy”.
Wanneer die regspan die antwoorde ontvang, sal die unie “voorwaardelik” sy lede aanmoedig om vir die vereiste inenting te gaan.
“Die NUNW se voorwaardelike aanmoediging aan sy lede sal behels dat Namcor 'n vrywaring onderteken dat dit volle regs- en finansiële verantwoordelikheid vir enige besering, swak gesondheid en/of verlies as gevolg van die vereiste immunisering aanvaar,” lui die brief.
Volgens Metcalfe Beukes word menswaardigheid en die onaantasbaarheid hiervan in die Namibiese Grondwet gewaarborg.
Kragtens die wet kan enige persoon wat “roekeloos en/of nalatig” iemand dwing en/of aanmoedig om entstowwe te gebruik terwyl hy weet wat die risiko's vir die persoon se gesondheid is, homself aanspreeklik laat vir strafbare manslag indien die persoon sterf, of siviel aanspreeklik in die geval van verswakte gesondheid en/of sterfte.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie