Namef maak geskiedenis
Namef maak geskiedenis

Namef maak geskiedenis

Skouspring
Tielman van Lill
Tielman van Lill



Kayla de Wet, Jessica Kreiner, Anike Maritz en Ariane Wieland maak die naweek geskiedenis in Algerië wanneer hulle die eerste ruiters van Namibiërs word wat aan die Afrika Jeugspele deelneem.

Die vier gaan op Sondag, Dinsdag en Donderdag 26 Julie by die Hippodrome in Algiers teen ruiters van Algerië, Egipte, Marokko, Mauritius, Tunisië en Zimbabwe kompeteer op perde wat vir hulle vreemd is en wat deur die organiseerders verskaf word.

Die vermaarde Chad Cunningham van Suid-Afrika rig die viertal af, wat ook deur Ute Gebhardt as bestuurder en verteenwoordiger van die Namibiese Ruiterkunsfederasie (Namef) vergesel word.

Cord Cordes, ondervoorsitter van Namef, het die meisies sterkte toegewens.

“Ons is baie trots om vir die Afrika Jeugspele te kon kwalifiseer en hoop die meisies doen hul beste daar. Baie geluk aan julle en gaan maak ons trots,” het Cordes met hul vertrek by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!