Namfisa slaan u2019n slag vir u2019n ongesonde Namibiu00eb
Namfisa slaan u2019n slag vir u2019n ongesonde Namibiu00eb

Namfisa slaan ’n slag vir ’n ongesonde Namibië

Mandy Rittmann
HENNIE FOURIE SKRYF:

Dit is ’n welbekende feit nie net in Namibië, maar tans oor die hele ontwikkelde wêreld, mense meer en meer oorgewig raak en leefstylsiektes soos suikersiekte en bloedvatsiektes teen ’n ongekende tempo toeneem.

Dit is ook ’n bekende feit dat twee van die grootste redes vir hierdie probleme ongesonde eetgewoontes en ’n gebrek aan liggaamlike oefening is. Ons huidige, gesofistikeerde vervoermiddele en kantoorgebonde werksomgewings is beslis nie bevorderlik vir ’n gesonde leefstyl nie.

Die feit dat ons bevolking meer en meer ongesond word, onder andere weens 'n gebrek aan oefening, het tot gevolg dat siektes toeneem, wat ook tot verhoogde mediese kostes lei. Dit veroorsaak weer dat mediese fondse se uitbetalings drasties styg.

In ’n poging om hierdie tendens van ongesonde leefstyle en gevolglike hoë mediese uitgawes teen te werk, het mediese fondse onder andere besluit om mense aan te moedig om meer oefening te doen. Mediese fondse het toe besluit om lede van hul skemas afslag op besoeke aan die gimnasium te gee en ander georganiseerde fisiese aktiwiteite soos pretstappe te ondersteun, om hulle sodoende aan te spoor om gereeld te gaan oefen. Die gimafslag-skema was redelik suksesvol en het heelwat mense aangespoor om gereeld te gaan oefen.

Daar is ook ander maniere waarop mense oefening kan kry, soos individuele deelname aan swem, stap, draf, fietsry ens. maar dit is ongelukkig nie meetbaar of kontroleerbaar vir mediese fondse nie.

Namfisa is die regulerende instansie vir finansiële instellings in Namibië met die volgende missie: “NAMFISA’s mission is to effectively regulate and supervise financial institutions and to give sound advice to the Minister of Finance.”

In Desember het Namfisa egter die volgende besluit: “that gym rebates and other wellness benefits are to be discontinued with immediate effect”. Alhoewel dit alles behalwe “sound advice to the Minister of Finance” is, was dit blykbaar deels gedoen omdat volgens hul interpretasie die wet op mediese skemas nie daarvoor voorsiening maak nie.

Hierdie is ’n totaal terugwaartse stap in die bevordering van ’n gesonde samelewing in Namibië. Die bevordering van die ekonomiese, geestelike en liggaamlike welsyn van die Namibiese samelewing behoort van die vernaamste doelwitte van elke staat, semistaats- en private organisasie in die land te wees.

Om daardie rede behoort hierdie besluit heroorweeg te word, al moet dit ’n wetswysiging tot gevolg hê. Ek is seker die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste sal ook so ’n stap ter bevordering van die algemene gesondheid in die land ondersteun.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!