NamGym se raad bly in plek
NamGym se raad bly in plek

NamGym se raad bly in plek

Die land se gimnastiekgemeenskap is ná etlike jare van onstuimigheid en tweespalt steeds nie in harmonie nie.
Tielman van Lill
Die uitvoerende raad van Namibië Gimnastiek het hom in ’n mediaverklaring uitgespreek om die “wanvoorstelling” in die kiem te smoor dat ’n verkiesing en kennisgewing van algemene jaarvergadering vandeesmaand beoog word.

“Dit het onder die aandag van Namibië Gimnastiek (NamGym) se uitvoerende raad gekom ’n groep individue beweer dat hulle namens lidklubs van NamGym optree. ’n Kennisgewing vir ’n beoogde algemene vergadering op 27 November 2021 doen die ronde waar ’n nuwe uitvoerende raad vir NamGym glo verkies sal word. Dis van alle waarheid ontbloot.

“Nie een van die klubs is tans lede van NG nie. Ons maan die Namibiese publiek, veral die ouers van gimnaste, om hierdie wanvoorstelling wat deur verteenwoordigers van die volgende entiteite gemaak is, te ignoreer wat hulself van NG gedistansieer het.

“Die agt klubs is Crete, Tsumeb, Walvisbaai, International School van Walvisbaai, Chalk, Illusion Rhythmic, Windhoek Ritmiese Klub en Windhoek-trampolienklub.

“Hierdie individue wat wederregtelik optree, word deur sekere amptenare by die Namibiese Sportkommissie, die Namibiese Nasionale Olimpiese Komitee (NNOK) en Namibiese Statebondspelevereniging (NNOC-CGA) ondersteun.

“Ter inligting aan hierdie individue, die publiek, die Sportkommissie, die ministerie en die NNOK-CGA: die Namibiese Gimnastiekfederasie (NGF) is dieselfde liggaam as Namibië Gimnastiek.

“Daar is geen afsonderlike groep of beheerliggaam vir gimnastiek in Namibië nie. NamGym is die erkende lid van die Fédération Internationale de Gymnastique en die Afrika-gimnastiekunie.

“Die Namibiese Gimnastiekfederasie (NGF) het op 28 November 2020 ’n spesiale algemene vergadering gehou waar die grondwet gewysig is en sy naam amptelik tot Namibië Gimnastiek verander het.

“NG het ook op 27 Maart vanjaar ’n algemene vergadering gehou waar die huidige uitvoerende raad verkies is om vir vier jaar tot einde Desember 2025 te dien.

“Hierdie algemene vergaderings en die besluite wat geneem is, is nie onwettig of ongeldig bloot omrede sommige mense so glo of wil hê dit moet so wees nie.

“As enige persoon die besluite wat tydens hierdie vergaderings geneem is, ongeldig wou laat verklaar of laat hersien, moes hulle deur die sportwet of die howe van Namibië gewerk het.

“Nie die Sportkommissie, die NNOK of enige van die individue wat nou beweer hulle tree namens lidklubs van die NGF op, het appèl aangeteken of die hooggeregshof genader om hierdie besluite om te keer nie.

“Dis duidelik dat dié individue geweet het hul plan van aksie sou uiteindelik misluk – net soos die futiele gesamentlike besluite deur die Sportkommissie en NNOK op 5 Augustus 2020, waarop hierdie individue steeds op opportunistiese wyse steun.

“Ons nooi die publiek en die gimnastiekgemeenskap uit om enige navrae skriftelik aan [email protected], [email protected] of [email protected], te rig.”

Die skrywe is aan lede, klubs, belanghebbendes, die ministerie van sport, jeug en nasionale diens, die Fédération Internationale de Gymnastique, die Afrika-gimnastiekunie, die Streek 5-gimnastiekkonfederasie, Namibiese Sportkommissie, Namibië Nasionale Olimpiese Komitee en Namibiese Statebondspelevereniging gerig.

Namens NamGym is die brief deur die president me. Sonja Olivier, sekretaris-generaal me. Cara Olivier en direkteur vir skakelwerk, Linea Kapofi, onderteken.

NNOK VERSKIL VAN SIENING

In mediaberigte elders vandeesweek het die NNOK-president Abner Xoagub volgehou dat die NGF “tans deur die NNOC-CGA geskors is totdat die algemene jaarvergadering op 2 Desember 2021 geverifieer is.

Namibië Gimnastiek (Namgym) is nie tans by die NNOC-CGA geregistreer nie, het Xoagub gesê.

“As die bestuurskwessie van die NGF opgelos word en hulle hiervan bewys kan lewer, ná voorlegging aan die AJV, sal die skorsing van die NGF opgehef word en hulle kan voortgaan met hul bedrywighede,” het hy gesê.

“Ons sal nie kommentaar lewer, kommunikeer of met entiteite in gesprek tree wat nie amptelik geregistreer is by en voldoen aan die Olimpiese Handves en NNOC-CGF-grondwet nie.”

Olivier het nie met Xoagub se bewering saamgestem nie en sê hy is deeglik bewus daarvan dat Namibië Gimnastiek behoorlik deur die FIG en die Unie van Afrika-gimnastiek (UAG) erken word.

FOTO
Me. Sonja Olivier, president van Namibië Gimnastiek. Foto argief

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!