Namib beproef atlete se stamina

Fiksheidkompetisies
Tielman van Lill
Tielman van Lill

Die Fittest in the Namib-kompetisie is Vrydag en Saterdag by die Mole op Swakopmund aangebied, met Mannies Bike Mecca as hoofborg.

Die byeenkoms is deur Crossfit Swakopmund, Skeleton Coast Crossfit en Connect People to People oor twee dae gehou. Spanne van twee bestaande uit dieselfde geslag kon in die gevorderde afdeling (RX) inskryf terwyl daar ook ‘n beginnersafdeling was wat die minder gesoute atlete kon takel.

Die eerste dag se aksie het by die Mole op die strand afgeskop waar die deelnemers twee verskillende dissiplines moes kafdraf. By die Beach Grind-kompetisie met ‘n tydsbeperking van 20 minute moes deelnemers met ’n kajak van die strand na die breekwatermuur roei waar die bote by die Mole in die water gelaat word.

Van daar het hulle 250 meter na die vetwielfietse genael en elke spanlid het ’n beurt gekry om so vinnig as moontlik na die jetty en terug te jaag. Terug by die Mole moes die deelnemers terug na die strand roei waar hulle aanvanklik weggespring het.

In die tweede dissipline (Jelly Legs) met ‘n tydsbeperking van 15 minute moes atlete naellope op die sand doen, ketelbalswaaie uitoefen, met gewigte hurk (squats) en hurklope (lunges) met sandsakke doen.

Die tweede dag se mededinging is in ’n arena by die Swakopmund Food Festival gehou. Al die atlete moes drie dissiplines voltooi, maar tussenin is die snoeiskêr ingelê om die spanne tot die topses in elke kategorie te verminder en wat aan die finale ronde deelgeneem het.

Die meeste van die oefeninge wat die deelnemers op die tweede dag moes baasraak, is bewegings wat in die Crossfit-program gebruik word. Dit behels die optel van gewigte en gimnastiekoefeninge.

Die finaal was uitdagend: Atlete moes ’n verskeidenheid kragoefeninge gekombineeer met gimnastiekbewegings suksesvol afhandel.

Die kompetisie het werklik die atlete tot die uiterste getoets en net die bestes het Saterdagnamiddag die pyp gerook om as die Namib se fiksstes gekroon te word.

Uitslae

RX-afdeling

Vroue

1 Team Fluffy Fran: Annamarie Kruger en Francie Gerber (CrossFit +264 & CrossFit Windhoek Sold Out for Life).

2 Team The Dottirs: Marlinda Lucas en Lezaan Groenewald (CrossFit Tsumeb).

3 The A-Team: Angelique Connoway en Alana Johnstone (Skeleton Coast CrossFit).

Mans

1 Team Toughened Up: Francois van Zyl en Roland Schorkopf (CrossFit Tsumeb).

2 Team #Stellas: Johann Tromp en Barend Booysen (CrossFit +264).

3 Team Bacon Bullies: Volker Hansen en Heinrich Smit (CrossFit Swakopmund & CrossFit Windhoek Sold Out for Life).

Beginnersafdeling

Vroue

1 Team NT: Thea Heesakker & Nadine Arlove (CrossFit +264).

2 Team Deadlifts & Chill: Lume Lambert en Alessia Araujo (CrossFit Windhoek Sold out for Life).

3 Team Salty Beast Babes: Gabriella Schnabel & Natascha Rottcher (CrossFit +264).

Mans

1 Team 2 Shades of Grey: Stefan Greyling en Jan Greyling (CrossFit Bazinga).

2 Team Last Minuters: Alan Hsu en Ruan Booysen (CrossFit +264).

3 Team Beach Bums: Albert Beckmann en Coenraad van Wyk (CrossFit Swakopmund).

Die organiseerders en aanbieders van die kompetisie het hul borge bedank en die deelnemers geluk gewens.

“Baie geluk aan die wenners wat podiumplekke behaal het en baie dankie aan almal wat deelgeneem het. Ons sal voortgaan om die kompetisie elke jaar Desember op Swakopmund aan te bied. Kry sommer nou al ’n spanmaat en begin vir volgende jaar se opwinding voor te berei.

“Ons wil baie graag vir Mannie’s Bike Mecca , Swakopmund Guesthouse, Deo Pharma (beide goue borge), Refuse Solutions/Club Naps, Dynamic Marine Survey & Solutions, Strand Hotel, ON Shoes en FNB Namibia (almal silwerborge) vir hul ondersteuning bedank. Sonder jul bystand sou dit nie moontlik gewees het nie.

“Dankie aan Namventures and Mannie’s Bike Rentals wat die kajakke en die vetwielfietse vir die byeenkoms beskikbaar gestel het. ’n Groot dankie aan TV2 Namibia wat die kompetisie vir ons regstreeks gestroom het en Kanaal 7 wat die radio-uitsendings behartig het,” het Fittest in the Namib se aanbieders gesê.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 19° | 32° Eenhana: 21° | 33° Oshakati: 21° | 32° Ruacana: 22° | 29° Tsumeb: 20° | 27° Otjiwarongo: 20° | 29° Omaruru: 24° | 33° Windhoek: 21° | 30° Gobabis: 19° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 18° | 23° Rehoboth: 24° | 33° Mariental: 22° | 36° Keetmanshoop: 25° | 37° Aranos: 20° | 35° Lüderitz: 16° | 26° Ariamsvlei: 26° | 38° Oranjemund: 16° | 25° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 20° | 29° Lubumbashi: 17° | 31° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 16° | 31° Antananarivo: 16° | 31° Lilongwe: 20° | 33° Maputo: 21° | 32° Windhoek: 21° | 30° Cape Town: 20° | 30° Durban: 19° | 27° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 18° | 27° #REF! #REF!