NamibBlue gou op rakke

Namibiërs sal binnekort kan smul aan die eerste bloubessies wat ooit op grootskaal en kommersieel in Namibië geoes is.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - Namib Blue-bloubessies – die eerste om ooit in Namibië gekweek te word – sal vandeesweek reeds op plaaslike winkelrakke te koop wees.

Dit volg nadat Mashare Berries Farming onlangs begin het om hul eerste bloubessies te oes. Dit is ook die eerste grootskaalse kommersiële bloubessie-oes ooit in Namibië.

Die projek se produksiebestuurder, mnr. Izak Grobbelaar, sê tot dusver gaan die oesproses baie goed. “Ek sou sê volgens verwagting,” het hy in ‘n video-onderhoud met Republikein gesê.

Die bloubessies word onder die handelsnaam Namib Blue verkoop.

“Dit is ’n duur produk, maar baie gesond en behoort goedkoper in plaaslike winkels te wees as dié wat voorheen ingevoer is.”

OESPROSES

Grobbelaar verduidelik die plant is meerjarig en daar word eenmaal per jaar geoes, maar vir drie tot vier maande aaneen.

Grobbelaar sê bloubessies is ‘n arbeidsintensiewe boerdery. “Ons gaan vanjaar tot 150 plukkers op hoë oesdae nodig hê.

“Die plukkers is meestal vrouens, want ons voel hulle hanteer die vrugte sagter as die mans. Tog gee ons ook vir mans werk op die projek,” sê hy.

“Tans help 15 plukkers ons, maar soos die vrugte al ryper raak, het ons meer hulp nodig.

“In die toekoms gaan dit nog meer raak, soos die plante groter raak. Ek skat oor so drie jaar sal ons tot 600 plukkers moet huur,” het Grobbelaar gesê.

BYE

Grobbelaar sê bye bly die belangrikste faktor wat ‘n bloubessie oes beïnvloed.

“In Namibië kan jy egter nog nie die oggend jou foon optel en ‘n byeboer bel en sê jy soek ‘n honderd korwe om bestuiwing te kom doen nie.

“Ons het reeds ons eie byeboer aangestel, ons het ons eie korwe en wat ons by ander mense huur, maar ons wil nog meer inkry en die byebedryf vir die toekoms bevorder.”

Mashare is 50 km buite Rundu in die Kavango-Oosstreek teen die Kavangorivier geleë en vorm deel van die Mashare Irrigation-groep – ‘n private maatskappy wat ‘n groenskema-besproeiingsplaas van die regering huur.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!