Namibiu00eb: 31 jaar later baie beter?
Namibiu00eb: 31 jaar later baie beter?

Namibië: 31 jaar later baie beter?

Mandy Rittmann
WILLEM DE WET SKRYF:

Sjoe, ek wonner hoeveel van die president se eie kaders stem met hom hieroor saam?

Ek weet nie van een mens oor die kleurspektrum heen waarmee ek daagliks paaie kruis wat met hom saamstem nie, maar dit is seker ’n uitspraak wat gemaak is vir ’n uitverkore groepie bo aan die korrupsie- en selfverykingsketting wat heeltemal uit voeling is met die mense op die grond en die werklike ellende waarin ons tans verkeer.

As dit dan so goed gegaan het en die nasie soveel vorentoe beweeg het, armoede ’n gevoelige slag toegedoen is (net 18%), en werkloosheid gedy, dan wonder ek hoekom neuk die regering nog met NEEEB. As dinge so goed gaan, is NEEB mos oorbodig?

Hoekom aanvaar ons nog buitelandse skenkershulp en staan ons bakhand vir befondsing van byna alles wat ons aanpak? Hoekom is ons begrotingstekort so ’n skreiende skande en ons ekonomie wys geen groei nie?

Hoekom lees ons daagliks van nog korrupsieskandale en miljoene se verliese op staatsprojekte? Hoekom staan ons eens suksesvolle spoornetwerk meestal in onbruik en ons Air Namibia is gelikwideer? Hoekom lyk ons paaie soos dit lyk en ons staatsinfrastruktuur, sportfasiliteite en skole lyk soos hulle lyk?

Noem my iets in die land wat vandag beter werk as voor daai groot oomblik en ek juig saam, maar ek soek. En ek sukkel om te vind.

Miskien kyk ek op die verkeerde plekke of miskien kort ek ’n bril met baaaaie dik glase, maar ek sal graag wil sien waarna onse prez verwys, as hy praat van dit wat vandag beter is.

Polities is daar wel nuwe vryhede en regte gevestig, wat lankal moes gebeur het en nodig was, maar daar het dit gestop?

’n Paar onnodige luukse geboue het verrys en ’n paar nuwe standbeelde en straatname het gestalte gekry. Wat het regtig tot stand gekom in die laaste 31 jaar waarna ons met trots kan verwys?

Ons wetmakers is ook steeds besig om nuwe wette uit te dink, om die wat het se goed af te vat of aandele daarin te kry en beperkings daar te stel, om vrye ekonomiese denke te inhibeer en inisiatief te beperk. En dan natuurlik steeds ook verdere regte vir voorheen benadeeldes in wette in te skryf en daarmee saam die ekonomie nog verder te verfonkfaai.

Dit omdat daar geen nuwe, werkbare, volhoubare planne uit die leierskap kom nie. Die maklikste is om te vat van die wat het, want om iets uit te dink waarmee nuwe welvaart geskep kan word, gebeur nie.

As dit dan so goed gaan in Namibië, sou ek dink ons moet eerder privatiseer as nasionaliseer; ons moet begrotingsurplusse hê en ons moet ’n beleggersparadys wees en ’n goeie gradering van Moody's op die bors kon dra?

Ek is nie deel van daardie Namibië waar dit so goed gaan nie. Ek sukkel, en ek het vrae, en my werksmense uit al die hoeke van die land en die saam met my in besigheid het nog meer vrae en ek het nie antwoorde nie. Ek sukkel, my mense sukkel en ek sien ’n afgrond, terwyl onse prez praat van Eutopia.

My mense dink ek lieg, want die prez sê dit gaan goed?

Namibiërs is egter taai en weerbarstig en gaan nie maklik die tuig neerlê nie. Ons sal anderkant uitkom en ons sal oorleef.

Ek wonder egter waar die manne is wat in die verkiesing soveel beloftes gemaak het oor die nuwe welvaart en die nuwe vooruitgang?

Kom manne, ek wag!

Die huidige of die toekomstige leiers, ek gee nie ’n duit om. Maak dit net vir my ook gebeur asseblief.

Ek en my mense is nou hongerder as ooit tevore en ons stap saam met die manne met antwoorde en planne.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!