Namibië aan SADC se stuur
President Hage Geingob se oorname van die voorsitterskap van SADC plaas Namibië in die posisie om positiewe leiding in die bepaling van die streeksagenda te neem.
Tasbare vordering op sleutelterreine is nodig om pessimiste verkeerd te bewys dat die jaarlikse spitsberaad nie maar net nóg 'n praatberaad is. Harde werk is deurlopend nodig en inwoners is geregtig op tasbare voordele.
Geingob het groot, gevleuelde woorde oor welvaartskepping in die “nuwe Afrika”, vrouebemagtiging, goeie bestuur, deursigtigheid en 'n “vierde nywerheidsrevolusie” gespreek. Talle oogmerke, soos die ontwikkeling van nywerhede en infrastruktuur, jeugbemagtiging, ekonomiese diversifisering, vryehandel en streeksintegrasie, is egter moeisame prosesse wat tyd sal neem.
Opvallend is Emmerson Mnangagwa midde die hangende verkiesingsaak in Zimbabwe nie met 'n oorwinning geluk gewens nie.
Streekburgers wil nie apatie by streekleiers sien oor kwessies wat saak maak nie. Goeie bestuur van lidlande se staatsuitgawes is een hiervan.
'n Ander is die aftakeling van die SADC-tribunaal se magte. Sedertdien het streekspolitiek verruim. Dit is 'n ope vraag of Geingob bereid gaan wees om die gesprek oor die streekhof te heropen.
Met stemme wat vir onteiening sonder vergoeding opgaan, sal dit dalk juis nie gebeur nie. So 'n beleid kan ook die landboubeleggings ondermyn wat SADC najaag.
In Augustus 2019 sal Geingob gemeet word aan sy onderneming om SADC tot groter hoogtes aan te voer.
So sê ander
18 Augustus 2018
For kids' sake, vote no on year-round daylight saving time
Proposition 7 is the biggest waste of time on the November ballot. And that's saying something.
Even those who hate the seasonal switch to standard time and daylight saving time should vote no on this ill-conceived ballot measure to make daylight saving time permanent, year-round. More than 6 million children attend K-12 schools in the state. If Prop. 7 passes, those children will be walking, biking, waiting for buses or driving to school in the dark for about three months every year.
Nothing is more important to parents than the safety of their children. California has no business putting their lives at greater risk.
The potential for disruption for California businesses is also problematic.
It's impossible to predict what Congress would do if Californians pass Prop 7, but it should be clear that this is an issue that should be dealt with at the federal level.
• THE MERCURY NEWS

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie