Namibiu00eb beu00efndruk Duitse hou00ebs
Namibiu00eb beu00efndruk Duitse hou00ebs

Namibië beïndruk Duitse hoës

Estelle de Bruyn
Volgens ‘n verklaring van die Duitse ambassade is Duitsland se minister van wetenskap, navorsing en die kunste beïndruk met Namibië se vasberadenheid om ‘n kennisgebaseerde samelewing te ontwikkel.

Me. Theresia Bauer, van die Duitse federale staat Baden-Württemberg, vergesel van ‘n hoëvlak- Duitse akademiese afvaardiging, het Namibië op 4 en 5 Oktober besoek.

Die besoek was die tweede been van ‘n Afrika-besoek wat op 1 Oktober in Kaapstad begin het.

Die doel van die besoek was om geleenthede vir nouer samewerking tussen instansies van hoër onderwys in Baden-Württemberg en Namibië te ondersoek.

Bauer se afvaardiging het bestaan uit die presidente van die Universiteite van Hohenheim, Heidelberg, Nürtingen-Geislingen en Stuttgart, asook die universiteite van toegepaste wetenskap van Esslingen, Konstanz, Mannheim en Ulm. Hoëvlakverteenwoordigers van die universiteite van Mannheim en Tübingen, asook die Stuttgart Media-universiteit en die Heidelberg-universiteit vir Onderwys was ook deel van die afvaardiging.

Die hoofbestuurders van die Baden-Württemberg-stigting en die Baden-Württemberg Internasionaal het ook die minister vergesel.

Op 4 Oktober het die minister ‘n onthaal by die Duitse ambassadeur na Namibië, mnr. Christian Shlaga, se ampswoning bygewoon ter viering van die Dag van Duitse Eenheid. Sy het ook ‘n kort toespraak gelewer.

Die volgende dag het Bauer Namibië se adjunkminister van hoër onderwys, opleiding en vernuwing, dr. Becky Ndjoze-Ojo, ontmoet en die Universiteit van Namibië (Unam) en die Namibiese Universiteit vir Wetenskap en Tegnologie (Nust) besoek.

Tydens ‘n noenmaal wat deur saakgelastigdes van die Duitse ambassade aangebied is, het Bauer ook die geleentheid gekry om met die adjunkminister van onderwys, kuns en kultuur, me. Anna Nghipondoka, en verskeie gaste uit die wetenskap- en kultuurvelde in gesprek te tree.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!