Namibiu00eb benodig N$79,5 miljard vir klimaatsplan
Namibiu00eb benodig N$79,5 miljard vir klimaatsplan

Namibië benodig N$79,5 miljard vir klimaatsplan

Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Namibië beywer hom vir die voltrekking en aanvaarding van artikel 6 van COP26, wat beteken lande kan vrywillige bilaterale ooreenkomste vir ontwikkelingshulp ten opsigte van die vermindering van koolstofvrystelling aangaan.
So, byvoorbeeld, kan ontwikkelde lande hul individuele beloftes nakom om aardverwarming te verminder deur ontwikkelende lande finansieel te help om hul onderskeie beloftes na te kom.
Pres. Hage Geingob het Dinsdagoggend tydens die COP26-hoëvlaksessie van nagenoeg 130 staatshoofde en regeringsleiers gesê “hierdie kritieke stap is die grondslag van ’n internasionale koolstofmarkmeganisme wat geld kanaliseer na die plekke waar vrystellings op die mees doeltreffende wyse gesny kan word”.
Verder het hy gesê Namibië steun die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies (VN), António Guterres, se vasbeslotenheid om “steenkool vir die geskiedenis te gee”. Hy sê Namibië sal die uitfasering van steenkool in die Suider-Afrikaanse Kragpoel steun deur kragopwekking deur middel van hernubare bronne soos die son en wind te versnel.
Geingob sê die uitfasering van steenkool is die belangrikste stap om seker te maak die Parys-ooreenkoms se besluit om aardverwarming tot 1,5 ºC te beperk, word bereik.
Verder, sê hy, moet die US$100 miljard-teiken vir klimaatsfinansiering opwaarts aangepas word en ’n duidelike plan moet uitgestippel word oor hoe dit sal geskied.
“Ons dring aan op meer toelaes, eerder as lenings, om sodat ontluikende ekonomieë met ’n hoë skuldlas transformerende projekte kan begin,” het Geingob gesê.
Hy sê Namibië streef nou daarna om sy koolstrofvrystelling voor die einde van hierdie dekade met 91% te verminder.
“Die beraamde belegging wat nodig is om hierdie teiken te bereik, is ongeveer US$5,3 miljard (N$79,5 miljard), waarvan 10% sonder voorwaardes beskikbaar gestel moet word,” was sy woorde.
Die president het daarop gewys ’n groen en blou ekonomie, insluitend ’n groenwaterstofbedryf, is hoekstene van Namibië se Tweede Harambee-welvaartsplan (HPP-II) wat in Maart vanjaar vrygestel is.
“Môre maak ons bekend hoe Namibië beoog om 5 700 vierkante kilometer in ons //Kharasstreek vir die potensiële ontwikkeling van groen waterstof en groen ammoniak te ontsluit.”
Hy sê dit behoort die streek se indiensneming te verdubbel en die geïnstalleerde hernubare energieopwekkingskapasiteit in die land te verdriedubbel.
“Ons neem hierdie dapper stappe om te verseker ons energiesekuriteit verminder ons koolstrofvrystellings drasties, en help ons plaaslike en internasionale eweknieë om hulle vrystellings te verminder en ’n meer veerkragtige ekonomie te bou,” sê Geingob.

Foto: Verskaf

Kommentaar

Republikein 2024-11-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 35° Rundu: 19° | 35° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 23° | 35° Ruacana: 22° | 35° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 20° | 33° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 23° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 21° | 37° Keetmanshoop: 21° | 38° Aranos: 22° | 37° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 39° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 35° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 17° | 29° Maseru: 16° | 31° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 32° Windhoek: 20° | 33° Cape Town: 16° | 25° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 16° | 31° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 20° | 32° Harare: 18° | 28° #REF! #REF!