Namibië benoem Kubaanse Mediese Brigade vir Nobelprys
Die Namibiese regering het die besluit om Kuba se Henry Reeve Internasionale Mediese Brigade vir die 2021 Nobel-vredesprys te benoem, eenparige bekragtig.
Dié aankondiging is vroeër vandag (Donderdag) deur die ministerie van internasionale betrekkinge en samewerking gemaak.
Dit is om erkenning te gee aan dié gespesialiseerde mediese groep se werksaamhede oraloor die wêreld. Die brigade het nie net die afgelope jaar talle lande met die bekamping van Covid-19 by bygestaan nie, maar was in 2014 ook by die stryd teen Ebola in Wes-Afrika betrokke, en het Haïti in 2010 bygestaan toe cholera op dié eiland uitgebreek het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie